Record Details

The history of planning South African new towns: Political influences and social principles adopted

New Contree

 
 
Field Value
 
Title The history of planning South African new towns: Political influences and social principles adopted
 
Creator Brockett, Linda
 
Subject — South African new towns; political influences; social principles
Description Suid-Afrika het baie nuwe dorpe waarvan die meeste as gevolg van die mynbedryf en groot semi-staat ondernemings soos YSKOR ontwikkel is. Hierdie nuwe dorpe is beïnvloed deur die internasionale nuwedorp-beweging. Hierdie referaat poog om die invloede te analiseer en om die verskille tussen fisiese uitleg en ideologiese werklikhede uit te wys. 'n Groot gedeelte van Suid-Afrika se geskiedenis is beïnvloed deur die ontdekking van minerale, wat grotendeels verantwoordelik was vir die ontwikkeling van nedersettings. Die ontdekking van diamante in Kimberley in 1869 het bv. 'n massiewe instroming van mense tot gevolg gehad na die voorheen onontwikkelde binneland. Vroeë ontdekkings van die mineraalrykdom van Suid-Afrika het ook voorgekom in Pelgrimsrus, Barberton en Johannesburg, wat almal tot permanente nedersettings gelei het. Vandag, as gevolg van die tipe mineraalafsettings, is individuele prospekteurs skaars. Suid-Afrikaanse minerale word deur net 'n paar mynbedrywe, wat die benodigde finansies en tegnologie besit, ontgin. Die opening van 'n nuwe myn benodig 'n groot aantal werkers, wat die voorsiening van behuising noodsaaklik maak, dikwels in verafgeleë areas. Die konstruksie van myndorpe en die ontwikkeling van groot semi-staat ondernemings beteken dat die meeste nuwe dorpe in Suid-Afrika terselfdertyd ondernemingsdorpe is en hul plasing tot 'n groot mate voorgeskryf is deur die voorkoms van minerale of grondstowwe. Selfs dorpe soos Sasolburg en Vanderbijlpark is ondernemingsdorpe wat naby groot kole-afsettings geplaas is. Die nuwedorpbeweging in Brittanje en sy voorlopers - byvoorbeeld die dorpe gestig deur die "Enlightened Industrialists", die tuinstede, en die Amerikaanse groengordelstede - het almal sterk sosiale beginsels onderliggend. In hierdie referaat word beweer dat in Suid-Afrika - ten spyte van die feit dat die fisiese vorm van nuwe stede ‘n groot invloed op Suid-Afrikaanse dorpsuitlegte gehad het - baie min van die sosiale beginsels toegepas is. Die referaat bevraagteken die geldigheid van die vervreemding van die fisiese uitleg van die sosiale beginsels wat dit onderlê. Hierdie referaat bevraagteken ook die doeltreffendheid om buitelandse uitlegte na te boots by die uitlê van dorpe.
 
Publisher AOSIS Publishing
 
Contributor
Date 1996-11-29
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — —
Format application/pdf
Identifier 10.4102/nc.v40i0.504
 
Source New Contree; Vol 40 (1996); 20 2959-510X 0379-9867
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://newcontree.org.za/index.php/nc/article/view/504/600
 
Coverage — — —
Rights Copyright (c) 2024 Linda Brockett https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT