Record Details

From Apartheid to Development: Science Policy and the Politics of Race in South Africa

New Contree

 
 
Field Value
 
Title From Apartheid to Development: Science Policy and the Politics of Race in South Africa
 
Creator Furlong, Patrick Ball, Karen
 
Subject — Race in South Africa; Apartheid; Development; Politics
Description Toe die ANC aan die bewind gekom het, het hulle 'n nuwe wetenskapsbeleid aangekondig wat verbind is tot gemeenskaplike ontwikkeling. Voorstanders het beswaar gemaak dat navorsing voorheen voortgedryf is deur blanke belange, vermom as "objektiewe" wetenskap, en dat dit net blanke voorregte, rassediskriminasie en etniese skeiding bevorder het. Hierdie artikel beweer dat die waarheid egter meer gekompliseerd is. Alhoewel party wetenskaplikes moontlik wel in bewindsverbonde velde gewerk het en in die eerste dekades van die eeu rassistiese teorieë bevorder het wat die opkoms van apartheid bevorder het, het die meeste wetenskaplikes in die apartheidsjare hulle werk as "apolities" beskou. Teen 1994 het die Suid-Afrjkaanse wetenskap ongetwyfeld heelwat probleme in die gesig gestaar, sommge wel voortspruitend uit die nalatenskap van apartheid. Maar die regering het nie gewoonlik navorsing uitsluitlik vir blankes bevorder nie. Die enkele opvallende voorbeelde van die misbruik van die wetenskap vir die doeleindes van die apartheidsregering was toenemend hoogs geheime projekte. Amptelike dokumente in die Botha- en post-apartheidsjare vertoon 'n verbasende bestendigheid aangaande die mees doeltreffende gebruik van beperkte staatshulpbronne, vir toegepaste eerder as suiwer navorsing, en tot voordeel van die hele gemeenskap, dikwels met spesiale verwysing na die lot van minderbevoorregte groepe. Die beleidsmakers onder die ou stelsel het reeds baie gemeende probleme in die wetenskapsbeleid erken, en baie haakplekke sal waarskynlik nog steeds voortduur - ook onder 'n meerderheidsregering.
 
Publisher AOSIS Publishing
 
Contributor
Date 1999-09-25
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — —
Format application/pdf
Identifier 10.4102/nc.v45i0.453
 
Source New Contree; Vol 45 (1999); 17 2959-510X 0379-9867
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://newcontree.org.za/index.php/nc/article/view/453/512
 
Coverage — — —
Rights Copyright (c) 2024 Patrick Furlong, Karen Ball https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT