Record Details

The South African Defence Force versus SWAPO And Its Allies: Operation Askari, 1983-1984

New Contree

 
 
Field Value
 
Title The South African Defence Force versus SWAPO And Its Allies: Operation Askari, 1983-1984
 
Creator Oosthuizen, G.J.J.
 
Subject — South African Defence Force; SWAPO; Operation Askari; 1983-1984
Description Die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) en die Suid-Afrikaanse Polisie (SAP) was betrokke in militêre konflik met die bevrydingsbewegings vir die volle duur van die sogenaamde grensoorlog aan die noordelike grens van SuidwesAfrika (Namibië). Die South West African People’s Organisation (SWAPO, gestig in 1960) het hom beywer vir die bevryding van die gebied via militêre aksies teen die Suid-Afrikaanse magte. Vir hierdie doel is ‘n militêre vleuel, die People’s Liberation Army of Namibia (PLAN), gestig. Internasionale gebeure het daartoe bygedra dat die geveg om Suidwes-Afrika nie slegs tot SWAPO en die Suid-Afrikaanse magte beperk was nie. As gevolg van ‘n coup d’etat en die ekonomiese en morele las wat die kolonies meegebring het, het Portugal inderhaas in 1974 uit Angola en Mosambiek onttrek. SWAPO, met die ondersteuning van die MPLA, het militêre basisse in die suide van Angola gevestig, sodat hulle Suidwes-Afrika meer effektief van daar af kon binnedring. Dit was slegs ‘n kwessie van tyd voordat die Suid-Afrikaanse magte nie slegs met SWAPO te doen gekry het nie, maar ook met die MPLA en die Kubaanse magte. Suid-Afrika het egter nie ‘n houding ingeneem van wag en sien nie, maar wou die inisiatief behou, hoofsaaklik deur middel van sogenaamde transgrensoperasies. Tussen 6 en 27 Januarie 1976 is nie minder nie as 35 Suid-Afrikaanse burgermageenhede opgeroep om deel te neem aan Operasie Savannah, die eerste van vele oorgrensoperasies wat sou volg. Die algemene doel van hierdie operasies was om ‘n effektiewe teenvoeter te wees vir die insypeling van SWAPO in Suidwes-Afrika vanuit die suide van Angola. In hierdie artikel word die botsings tussen SWAPO en sy bondgenote aan die een kant en die SAW aan die ander kant krities bespreek. Die fokus sal wees op die mislukte pogings van die SAW om die SWAPO/MPLA/Kubaanse vestings in Cahama, Mulondo en Cuvelai in suidelike Angola tydens Operasie Askari (1983-1984) te verower.
 
Publisher AOSIS Publishing
 
Contributor
Date 2005-11-30
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — —
Format application/pdf
Identifier 10.4102/nc.v50i0.436
 
Source New Contree; Vol 50 (2005); 12 2959-510X 0379-9867
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://newcontree.org.za/index.php/nc/article/view/436/495
 
Coverage — — —
Rights Copyright (c) 2024 G.J.J. Oosthuizen https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT