Record Details

Gold mining in Zululand

New Contree

 
 
Field Value
 
Title Gold mining in Zululand
 
Creator Minnaar, Anthony
 
Subject — Gold mining; Zululand; 1880’s
Description Hierdie artikel ondersoek die reeks kleiner “goudstormlope” wat gedurende die middel 1880’s plaasgevind het tot net na die Eerste Wêreldoorlog in KwaZulu-Natal – histories bekend as Zululand. Goudprospektering was veral aangespoor deur die £1 000 beloning aangebied deur die koloniale regering van Natal aan enige delwer wat ‘n betekenisvolle goudrif in hierdie geweste sou ontdek. Alhoewel betreklike ryk ertsneerslae van gouddraende riwwe dikwels ontdek is, en wat gevolglik tot stormlope na vergeleë areas in hierdie gebied aanleiding gegee het, het almal op die lange duur min opgelewer. Die eenvoudige verklaring daarvoor was dat die Goudrif net in ertsneste of -holtes voorgekom het en dus nie aaneenlopend was nie. Die bergagtige aard van die terrein met sy diep valleie was grotendeels die vernaamste rede die gebroke goudriflyn. Twee fases van goudmynbedrywighede is geïdentifiseer. Uiteindelik sou dit blyk dat die meeste van die goudmynmaatskappye in Zululand ‘n beperkte groei gehandhaaf het as kleinerige myne met ‘n gesukkel om ‘n bestaan te maak. Bedrywighede is beeïndig. Die uitsondering was ‘n kleinerige aanleg in die Pongolovallei wat die Wonderfonteinriwwe bewerk het. Na die Tweede Wêreldoorlog was daar net sporadiese pogings om bestaande goudriwwe te myn aangesien daar geen nuwes ontdek was nie. In hierdie artikel word die begin- en ontwikkelingsfase van die hoofgoudstormlope in Zululand ondersoek. Die lengte van elk se lewenssiklus sowel as die gesukkel om die “ertsneste” te vind en ‘n befondsing vir dié bedryf se velerlei uitdagings, word bespreek.
 
Publisher AOSIS Publishing
 
Contributor
Date 2006-05-31
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — —
Format application/pdf
Identifier 10.4102/nc.v51i0.427
 
Source New Contree; Vol 51 (2006); 32 2959-510X 0379-9867
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://newcontree.org.za/index.php/nc/article/view/427/486
 
Coverage — — —
Rights Copyright (c) 2024 Anthony Minnaar https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT