Asklepios: Sy rol in die evolusie van die Geneeskunde

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie/South African Journal of Science and Technology

 
 
Field Value
 
Title Asklepios: Sy rol in die evolusie van die Geneeskunde Asklepios: Sy rol in die evolusie van die Geneeskunde
 
Creator Retief, François P. Cilliers, Louise
 
Subject — — — —
Description Asklepios word vir die eerste keer deur Homeros as aanvoerder en geneesheer genoem in die Trojaanse Oorlog. Later, gedurende die 5de eeu v.C. het Asklepios bekend geword as die god van genesing. Dit was ook in hierdie tyd dat die Asklepeïese kultus van genesing in Epidaurus onstaan het. Hierdie helingskultus, wat geakkommodeer is deur die empiriese geneeshere van die tyd, het vir bykans 10 eeue voortbestaan in Asklepieia, waarvan daar meer as 400 in die Mediterreense seegebied en omstreke was. Asklepieia was van verskillende ontwerp, maar het gewoonlik ‘n tempel ingesluit wat aan die god gewy is, asook inskripsies [iamata] met inligting van pasiënte wat genees is, ‘n heilige bad, ‘n put en ‘n slaapvertrek [abaton] waar die pasiënt ‘n nag van sogenaamde inkubasieslaap deurgebring het. Tradisioneel het Asklepios aan hulle verskyn in ‘n nagtelike visioen, en het daar ‘n onmiddellike wondergenesing plaasgevind, of is daar raad gegee in verband met die toekomstige behandeling van die siekte, wat daarna deur die tempelpersoneel bespreek is. Daar word beweer dat die Asklepeïese kultus, ‘n godsdienstige genesingsprogram, sekulêre behandeling gekomplementeer het deurdat die tempelpersoneel wel in kontak was met die tydgenootlike Hippokratiese geneeskunde. Die emosionele impak van die inkubasieslaap en drome kon ‘n genesingsimpak op kwale met ‘n sielkundige basis gehad het. Die finale verdwyning van die Asklepeïese kultus was die gevolg van die opkoms van die Christendom as staatsgodsdiens, eerder as die agteruitgang van sy genesingsdoeltreffendheid. Asclepius is first mentioned by Homer as leader and physician in the Trojan War. Later, during the 5th century, he became known as the god of healing, and in this century the Asclepian cult of healing became established in Epidaurus. This healing cult, which was accommodated by empiric (Hippocratic) physicians of the time, endured for close on ten centuries in Asclepieia, of which there were more than 400 in the Mediterranean area and surrounding countries. The Asclepieia were of different design, but usually included a temple dedicated to the god, as well as inscriptions [iamata] with information on the patients who were healed, a sacred bath, a well and a room [abaton] for so-called incubation sleep where the patient would spend the night. Asclepius traditionally appeared to the patients in a vision in the course of the night and an immediate miraculous healing could take place, or advice was given regarding the future treatment of the patient, which was in the morning thereafter discussed by the temple personnel. It is said that the Asclepian cult, a religious healing programme, complemented secular treatment since the tempel personnel were in contact with contemporary Hippocratic medicine. The emotional impact of the incubation sleep and dreams could have had a healing impact on ailments with a psycological basis. The final disappearance of the Asclepian cult was the result of the rise of Christianity, rather than the decline of its healing effectiveness.
 
Publisher AOSIS
 
Contributor — —
Date 2011-04-06
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — — — —
Format text/html application/epub+zip text/xml application/pdf
Identifier 10.4102/satnt.v30i1.26
 
Source Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 30, No 1 (2011); 5 bladsye Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 30, No 1 (2011); 5 bladsye 2222-4173 0254-3486
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/26/29 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/26/34 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/26/30 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/26/28
 
Coverage — — — — — —
Rights Copyright (c) 2011 François P. Retief, Louise Cilliers https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT