Verspreiding en habitats van Gyraulus connollyi, slaktussengasheer van ingewandsbotte van die familie Echinostomatidae, in Suid-Afrika

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie/South African Journal of Science and Technology

 
 
Field Value
 
Title Verspreiding en habitats van Gyraulus connollyi, slaktussengasheer van ingewandsbotte van die familie Echinostomatidae, in Suid-Afrika Distribution and habitats of Gyraulus connollyi, snail intermediate host of intestinal flukes of the family Echinostomatidae, in South Africa
 
Creator de Kock, K. N. Wolmarans, C. T.
 
Subject — — — —
Description Hierdie artikel fokus op die geografiese verspreiding en habitats van Gyraulus connollyi, slaktussengasheer van ingewandsbotte van die familie Echinostomatidae,  soos gereflekteer deur die 969  vindplekke wat tans in die databasis van die Nasionale Varswaterslakversameling (NV) van Suid-Afrika op rekord is. Die voorkoms van hierdie spesie is deur versamelaars uit ’n totaal van 13 verskillende waterliggaamtipes gerapporteer, maar verreweg die grootste persentasie monsters is in spruite en riviere versamel en in habitats waarvan die water as standhoudend, helder van kleur en vars beskryf is. ’n Oorwegend klipperige substratum en die voorkoms van plantegroei is ook vir die grootste persentasie vindplekke vermeld. Die effekgrootte is vir elke veranderlike afsonderlik bereken om die belangrikheid daarvan vir die voorkoms van hierdie spesie te bepaal. ’n Geïntegreerde besluitnemingsboom wat uit die data saamgestel is, het getoon dat temperatuur, hoogte bo seevlak en waterliggame die belangrikste van die ondersoekte faktore is wat die geografiese verspreiding van hierdie spesie kan beïnvloed. Dit word ondersteun deur die effekgroottewaardes wat vir elke faktor bereken is. ’n Temperatuurindeks wat vir al die spesies in die databasis bereken is, het G. connollyi sewende uit 53 geplaas op grond van sy assosiasie met lae temperature. Alhoewel echinostomose nog nie by mense in Afrika gediagnoseer is nie, word kommer uitgespreek oor die omstandigheid dat G. connollyi in staat is om as eerste-tussengasheer vir die transmissie van echinostome op te tree. This paper focuses on the geographical distribution and habitats of Gyraulus connollyi, snail intermediate host of intestinal flukes of the family Echinostomatidae as reflected by the 969 collection sites on record in the database of the National Freshwater Snail Collection (NFSC) of South Africa. The presence of this species was reported from 13 different types of water-bodies, however, the highest percentage by far was collected in streams and rivers and in habitats of which the water was described as perennial, clear and fresh. A predominantly stony substratum and the presence of vegetation were also reported for the majority of habitats. The effect size was calculated for each variable to determine its importance for the occurrence of this species. An integrated decision tree constructed from the data indicated that temperature, altitude and type of water-body were the most important of the factors evaluated that could have an effect on the geographical distribution of this species. This was supported by the effect size values calculated for each variable. A temperature index calculated for each species in the database ranked G. connollyi seventh out of 53 due to its association with low temperatures. Although human echinostomosis has not yet been diagnosed in Africa, concern is expressed that G. connollyi is able to serve as first intermediate host in the transmission of echinostomosis.
 
Publisher AOSIS
 
Contributor — —
Date 2004-09-23
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — — — —
Format application/pdf
Identifier 10.4102/satnt.v23i3.196
 
Source Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 23, No 3 (2004); 79-86 Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 23, No 3 (2004); 79-86 2222-4173 0254-3486
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/196/166
 
Coverage — — — — — —
Rights Copyright (c) 2004 K. N. de Kock, C. T. Wolmarans https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT