Ondersoek na die gehalte en inhoud van vyf onderwysers se besinning oor hul onderrig van wiskunde
Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie/South African Journal of Science and Technology
Field | Value | |
Title | Ondersoek na die gehalte en inhoud van vyf onderwysers se besinning oor hul onderrig van wiskunde Investigating the quality and content of five teachers’ reflection on their teaching of mathematics | |
Creator | Posthuma, A. Barbara Maree, Jacobus G. Stols, Gerrit | |
Description | In Suid-Afrika is beperkte navorsing gedoen oor onderwysers se reflektiewe klaskamerpraktyk. Die artikel het dus ten doel om die gehalte en inhoud van wiskundeonderwysers se refleksie of besinning oor ’n les binne die konteks van lesstudie te ondersoek. Die spesifieke doel van hierdie studie was om ondersoek in te stel na die gehalte en inhoud van vyf wiskundeonderwysers se besinning of refleksie voor, tydens en nadat ’n les aangebied is. Die vyf onderwysers (twee manlik en drie vroulik) het gesamentlik oor hul eie sowel as hul kollegas se wiskundeonderrig besin. Die onderwysers is doelbewus geselekteer om aan die studie deel te neem. Kwalitatiewe data is uit onderhoude, lesplanne, klaskamerwaarnemings en reflektiewe skryfwerk of geskrifte versamel. Daar is bevind dat al die wiskundeonderwysers agterna verbaal en skriftelik oor hul optrede besin het, terwyl drie van die onderwysers tydens optrede oor onderrig gereflekteer het. Die ontleding van hul lesplanne het geen bewyse van besinning vóór optrede (reflect-for-action) gelewer nie, met ander woorde die betrokke onderwysers het nie met die oog op toekomstige optrede besin nie. Twee onderwysers het wel krities oor hul leerders se verstaan van wiskunde en oor hul eie onderrig van begrippe besin. Aangesien hulle lede van die lesbestuderingsgroep was, het dit geblyk dat die hele ervaring ’n kontekstuele faktor is wat hierdie onderwysers se besinning op ’n positiewe wyse beïnvloed het. Die onderwysers se ontoereikende taalvaardighede en hul onvermoë om basiese wiskundige begrippe behoorlik te verbaliseer, het hul reflektiewe praktyk skynbaar egter negatief beïnvloed. Not much research has been done on mathematics teachers’ reflective practice in South Africa. This article reports on the quality and content of mathematics teachers’ reflections on a lesson within the context of lesson study. The aim of the study was to investigate the quality and content of five mathematics teachers’ reflections before, during and after teaching a lesson. The five teachers (two males, three females) reflected collaboratively on their own as well as on their colleagues’ teaching of mathematics. The teachers were selected purposely to participate in the study. Qualitative data were gathered using interviews, lesson plans, classroom observations and reflective writings. The findings indicated that whereas all the mathematics teachers reflected on-action verbally and in writing, three of the teachers reflected in-action while teaching. Based on lesson plan analysis, there was no evidence that these teachers reflected for-action. Two teachers reflected critically on their learners’ understanding of mathematics and their own teaching of concepts. Being a member of the lesson study group experience emerged as a contextual factor that seemed to influence these teachers’ reflections in a positive way. However, the teachers’ inadequate linguistic skills and inability to verbalise basic mathematical concepts properly seemed to influence their reflective practice negatively. | |
Publisher | AOSIS | |
Date | 2013-10-15 | |
Identifier | 10.4102/satnt.v32i1.400 | |
Source | Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 32, No 1 (2013); 9 bladsye Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 32, No 1 (2013); 9 bladsye 2222-4173 0254-3486 | |
Language | eng | |
Relation |
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:
https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/400/1416
https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/400/1417
https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/400/1418
https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/400/1415
https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/downloadSuppFile/400/121
|
|
ADVERTISEMENT