’n Oorsig van die bepaling van die vroeë bakterisidiese aktiwiteit van verskeie antituberkulosemiddels

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie/South African Journal of Science and Technology

 
 
Field Value
 
Title ’n Oorsig van die bepaling van die vroeë bakterisidiese aktiwiteit van verskeie antituberkulosemiddels A review of the determination of the early bactericidal activity of various antituberculosis agents
 
Creator Donald, P. R. Sirgel, F. A. Venter, A. Fourie, P. B. Parkin, D. P. Parkin Seifart, H. I. van de Wal, B. W. Maritz, J. S.
 
Subject — — — —
Description Die vroeë bakterisidiese aktiwiteit (VBA) van ’n antituberkulosemiddel is die daaglikse afname van M tuberculosis in log10 kolonievormende eenhede per ml sputum, tydens die eerste twee dae van behandeling met die middel. Dit weerspieël die vermoë van ’n middel om aktief metaboliserende organismes in tuberkulose-longholtes te dood. Dit is ’n relatief goedkoop metode om in ’n klein groep pasiënte die antituberkulose-aktiwiteit van ’n middel, binne maande, in vivo te evalueer. Hierdie artikel som ons ondervinding op tydens sewe gepubliseerde VBA-studies, en die bronne van variasie in die prosedure word identifiseer. Die pasiënte in hierdie studies was gemiddeld 33 jaar oud, met ’n gemiddelde gewig van 50 kg en 55% het ekstensiewe of massiewe longaantasting gehad. Die hoogste VBA-waardes (0,50-0,66) is gevind in pasiënte wat isoniasied ontvang het, en die laagste waardes (0,05 en 0,09 respektiewelik) was gevind in pasiënte wat die aminoglikosiede amikasien en paromomisien, albei in doserings van 15 mg/kg liggaamsgewig, ontvang het. Die algehele variasie in die VBA van 248 pasiënte was 0,0312, en die variasie toegeskryf aan die proses van sputumproduksie en -versameling was 0,0223. Dit blyk dat die verskillende aspekte van sputumproduksie en -versameling, betrokke by die lewering van ’n verteenwoordigende sputummonster, ’n groter bydrae maak tot variasie tydens die prosedure as die laboratoriumaspekte van die tegniek. Die keuring van pasiënte vir insluiting in VBA-studies, en hulle vermoë om saam te werk om ’n verteenwoordigende sputummonster te produseer, is van deurslaggewende belang in die suksesvolle voltooiing van VBA-studies. The early bactericidal activity (EBA) of an antituberculosis agent is the daily decline in log10 colony forming units of M tuberculosis per ml of sputum during the first two days of treatment with the agent. It reflects the capacity of an agent to kill the actively metabolising organisms in tuberculosis lung cavities. It offers a relatively cheap means to evaluate the antituberculosis activity of an agent in a small group of patients within a matter of months. This article summarizes the authors’ experience in seven published EBA studies and identifies sources of variation in the procedure. The patients who participated in these studies had a mean age of 33 years, a mean weight of 50 kg and there was extensive or massive involvement of the lungs in 55% of patients. The highest EBA values (0,50-0,66) were found in groups of patients receiving isoniazid and the lowest values (0,05 and 0,09 respectively), in patients receiving  the aminoglycosides amikacin and paromomycin in a dose of 15 mg/kg body weight. The variation in EBA in 248 patients was 0,0312 and the variation ascribable to the process of sputum production and collection was 0,0233. This implies that the different aspects of sputum production and collection involved in obtaining a representative sputum sample are responsible for most of the variation in EBA results. The selection of patients for inclusion in EBA studies and their ability to co-operate in producing a representative sputum specimen are of critical importance in the successful completion of EBA studies.
 
Publisher AOSIS
 
Contributor — —
Date 2003-09-26
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — — — —
Format application/pdf
Identifier 10.4102/satnt.v22i2/3.215
 
Source Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 22, No 2/3 (2003); 79-88 Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 22, No 2/3 (2003); 79-88 2222-4173 0254-3486
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/215/188
 
Coverage — — — — — —
Rights Copyright (c) 2003 P. R. Donald, F. A. Sirgel, A. Venter, P. B. Fourie, D. P. Parkin Parkin, H. I. Seifart, B. W. van de Wal, J. S. Maritz https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT