Die uitwerking van die onkruiddoder Roundup® op sommige populasies van grondmikrobes

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie/South African Journal of Science and Technology

 
 
Field Value
 
Title Die uitwerking van die onkruiddoder Roundup® op sommige populasies van grondmikrobes Die uitwerking van die onkruiddoder Roundup® op sommige populasies van grondmikrobes
 
Creator Marais, Anelia Ferreira, Michael I. Booyse, Mardé Botha, Alfred
 
Subject — — Agriculture Roundup®; glyphosate; Biolog EcoplateTM; soil microbes; sucrose; filamentous growth; protozoa; microbial communities; herbicide; toxicity; buried slide method; most probable number
Description Die glifosaatbevattende onkruiddoder, Roundup®, word wêreldwyd vir onkruidbeheer gebruik. Alhoewel hierdie onkruiddoder beskou word as ‘n lae-toksiese (en dus veilige) produk, heers daar tog kommer oor die langdurige effek daarvan op grondmikrobes, plante, diere en die mens. Verskeie artikels in die meer populêre media en internet verwys na die gevare van Roundup®. Grondmikrobes speel ‘n belangrike rol in die afbraak van landbouchemikalieë. Daar is boere wat sukrose of melasse as ‘n voedselaanvulling vir grondmikrobes gebruik. Sommige boere meng dit ook met onkruiddoders ten einde die moontlike nadelige effek daarvan op voordelige grondmikrobes te verminder, deur hulle van ‘n eenvoudige koolstofbron te voorsien. Die effek van Roundup®, met en sonder die byvoeging van sukrose, is gedurende hierdie ondersoek bepaal met betrekking tot sommige aspekte van die mikrobiologiese gemeenskappe in die grond. Grondmonsters is by drie geleenthede geneem, naamlik voor behandeling, ‘n week daarna en 20 dae daarna. Hierdie grondmonsters is daarrna gebruik vir die meting van kweekbare protosoë (mees-waarskynlike-getal) en metaboliese potensiaal van hoofsaaklik die bakteriese grondgemeenskap (Biolog EcoplateTM), terwyl die filamentagtige groei in situ (versteekte-plaatjie-tegniek) bepaal is. Die byvoeging van suiker het nie ‘n betekenisvolle effek gehad op die werking van die onkruiddoder nie. Terwyl Roundup® wel die metabolisme van die grondbakterieë beduidend verander het, het die bakteriegemeenskap na 20 dae, waarskynlik as gevolg van natuurlike prosesse, herstel. Die glifosaatbevattende onkruiddoder, Roundup®, word wêreldwyd vir onkruidbeheer gebruik. Alhoewel hierdie onkruiddoder beskou word as ‘n lae-toksiese (en dus veilige) produk, heers daar tog kommer oor die langdurige effek daarvan op grondmikrobes, plante, diere en die mens. Verskeie artikels in die meer populêre media en internet verwys na die gevare van Roundup®. Grondmikrobes speel ‘n belangrike rol in die afbraak van landbouchemikalieë. Daar is boere wat sukrose of melasse as ‘n voedselaanvulling vir grondmikrobes gebruik. Sommige boere meng dit ook met onkruiddoders ten einde die moontlike nadelige effek daarvan op voordelige grondmikrobes te verminder, deur hulle van ‘n eenvoudige koolstofbron te voorsien. Die effek van Roundup®, met en sonder die byvoeging van sukrose, is gedurende hierdie ondersoek bepaal met betrekking tot sommige aspekte van die mikrobiologiese gemeenskappe in die grond. Grondmonsters is by drie geleenthede geneem, naamlik voor behandeling, ‘n week daarna en 20 dae daarna. Hierdie grondmonsters is daarrna gebruik vir die meting van kweekbare protosoë (mees-waarskynlike-getal) en metaboliese potensiaal van hoofsaaklik die bakteriese grondgemeenskap (Biolog EcoplateTM), terwyl die filamentagtige groei in situ (versteekte-plaatjie-tegniek) bepaal is. Die byvoeging van suiker het nie ‘n betekenisvolle effek gehad op die werking van die onkruiddoder nie. Terwyl Roundup® wel die metabolisme van die grondbakterieë beduidend verander het, het die bakteriegemeenskap na 20 dae, waarskynlik as gevolg van natuurlike prosesse, herstel.
 
Publisher AOSIS
 
Contributor — —
Date 2011-09-29
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — — — Experimental
Format text/html application/epub+zip text/xml application/pdf
Identifier 10.4102/satnt.v30i1.43
 
Source Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 30, No 1 (2011); 6 bladsye Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 30, No 1 (2011); 6 bladsye 2222-4173 0254-3486
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/43/202 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/43/248 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/43/204 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/43/201 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/downloadSuppFile/43/19 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/downloadSuppFile/43/20 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/downloadSuppFile/43/21 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/downloadSuppFile/43/22 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/downloadSuppFile/43/23 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/downloadSuppFile/43/24 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/downloadSuppFile/43/25
 
Coverage — — — Western Cape South Africa — —
Rights Copyright (c) 2011 Anelia Marais, Michael I. Ferreira, Mardé Booyse, Alfred Botha https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT