Endemiese tandfluorose geassosieerd met relatief lae fluoriedkonsentrasies in die Suid-Vrystaat, Suid-Afrik

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie/South African Journal of Science and Technology

 
 
Field Value
 
Title Endemiese tandfluorose geassosieerd met relatief lae fluoriedkonsentrasies in die Suid-Vrystaat, Suid-Afrik Endemic dental fluorosis associated with relatively low fluoride concentrations in the southern Free State, South Africa
 
Creator Zietsman, S.
 
Subject — — — —
Description Hoewel dit lank reeds bekend is dat hoë fluoriedkonsentrasies geïsoleerd in die grondwater uit die gesteentes van die Tarkastad Formasie voorkom, is die endemiese voorkoms van tandfluorose in die gebied wat deur hierdie gesteentes onderlê word, nie ondersoek nie. Hierdie artikel doen verslag oor die eerste fluorosestudie in dié gebied. Die leerlinge van 10 plaasskole in die Suid-Vrystaat het die steekproef uitgemaak. Die tande van 594 kinders van alle ouderdomme is klinies en fotografies ondersoek. Watermonsters is by 245 drinkwaterbronne op 203 plase geneem. Die fluoriedinhoud van die water is deur ioonspesifieke analise bepaal. Ruimtelik veralgemeen, is dit ’n relatief lae-fluoriedgebied, maar middelwaardes beskryf die fluoriedinhoud van die water ontoereikend. Ruimtelike variasie kenmerk die fluoriedinhoud van die grondwater. ’n Verbasend hoë fluoroseprevalensie van 62% en ’n gemeenskapsfluorose-indeks van 1,5 is gevind. Die graad van aantasting was oorwegend laag, maar 4,6% van die kinders het glasuurverlies vertoon. Ruimtelike variasie kenmerk die voorkoms van fluorose in die gebied. Die ruimtelike variasiepatroon in die fluoriedinhoud van die drinkwater verklaar dié in die voorkoms van fluorose slegs gedeeltelik. Die aanbevole optimum kariesbekampende konsentrasie-interval vir Suid-Afrika is moontlik nie toepaslik vir die gebied nie. Isolated high fluoride concentrations in the groundwater out of the rocks of the Tarkastad Formation were reported many years ago. The endemicity of dental fluorosis in the region underlain by these rocks, however, was not studied. This article reports on the first fluorosis study in this region. The pupils of 10 farm schools in the southern Free State constituted the sample. The teeth of 594 children of all ages were clinically and photographically examined. The drinking water was sampled at 245 sources on 203 farms. Ion specific analysis was used to determine the fluoride content of the water. Spatially generalized, it is a relatively low-fluoride area, but central statistics do not adequately describe the fluoride content of the water. Spatial variation characterizes the fluoride content of the groundwater. The fluorosis prevalence in the study area (62%) was surprisingly high and the community fluorosis index was 1,5. The severity of fluorosis was predominantly low, but 4,6% of the children displayed loss of enamel. Spatial variation characterizes the occurrence of fluorosis in the area. The spatial variation pattern in the occurrence of fluorosis is only partially explained by that in the fluoride content of the drinking water. The optimum cariostatic concentration interval for South Africa might not be appropriate for this region.
 
Publisher AOSIS
 
Contributor — —
Date 2003-09-26
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — — — —
Format application/pdf application/pdf
Identifier 10.4102/satnt.v22i2/3.214
 
Source Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 22, No 2/3 (2003); 69-78 Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 22, No 2/3 (2003); 69-78 2222-4173 0254-3486
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/214/186 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/214/187
 
Coverage — — — — — —
Rights Copyright (c) 2003 S. Zietsman https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT