Die vasstelling van ’n fisieke-welstandaanwyser

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie/South African Journal of Science and Technology

 
 
Field Value
 
Title Die vasstelling van ’n fisieke-welstandaanwyser Determining a physical wellness indicator
 
Creator Du Toit, Peet Naicker, Lee-Anne Nortje, Evangeline Kleynhans, Michael Ferreira, Ronél Gericke, Gerda
 
Subject — welstand; sedentêre leefstyl; aktiewe leefstyl; fisieke aktiwiteit; algehelefisieke-welstandaanwyser — —
Description Met die toenemende klem op leefstylverwante gesondheid het die fokus vanaf die behandeling en genesing van siekte verskuif na voorkoming en gesondheidsbevordering. Alhoewel individuele welstandskomponente uitvoerig bestudeer is, het gebreke ontstaan vanweë teenstrydighede en ’n gebrek aan bewyse dat hierdie faktore kollektief op die verbetering van algehele welstand uitloop. Die huidige studie het hom op die terrein van algehele fisieke welstand toegespits en die komponente daarvan, asook die invloed van ’n aktiewe werksomgewing op die komponente nagevors. Vir die studie is ’n kwantitatiewe eksperimentele deursnee-ontwerp aanvaar. Verskille tussen die twee groepe deelnemers is met behulp van die onafhanklike steekproef t-toets gedoen. Voorgraadse universiteitstudente (n = 165) en 234 rekrute wat besig was met ’n fisieke oefenprogram tesame met wetstoepassingswerknemers is aan verskeie welstandassesserings onderwerp in ’n poging om die algehele welstand in sedentêre en aktiewe werksomgewings met mekaar te vergelyk. Die individuele resultate is vergelyk en tellings vir risiko-areas bepaal wat uiteindelik saamgestel is om ’n algehelewelstandaanwyser te formuleer. Daar is bevind dat die studente beter vertoon het op sommige welstandsterreine; die rekrute het egter beter algehele fisieke welstand gehad. Dit dui daarop dat fisieke aktiwiteit wel beduidend bydra tot die bereiking van algehele fisieke welstand en dus die risiko vir die ontwikkeling van chroniese leefstylverwante toestande verminder. Die oorkoepelende bevindings gee te kenne dat die handhawing van ’n gesonde leefstyl, deur middel van fisieke aktiwiteit en gedrag wat gesondheid bevorder, tot ’n beter stand van gesondheid sal lei. Hierdie navorsingsterrein het moontlikhede vir toekomstige navorsing blootgelê, veral met betrekking tot die algehelewelstandaanwyser. With the increasing prevalence of emphasis on lifestyle-related wellness, the focus has been diverted from treatment and cure of disease to prevention and health promotion. Therefore, the area of wellness has received much attention and has been promoted with much enthusiasm, especially in the corporate industry. The present study delved into the area of overall physical wellness and explored its components and the influence of an active work environment on these components. This study adopted a cross-sectional, quantitative experimental design Undergraduate university students (n = 165) and 234 training recruits and law enforcement employees underwent several wellness assessments in a bid to compare overall physical wellness in sedentary and active work environments. The individual results were compared and scored into risk areas that were ultimately compounded to formulate an overall physical wellness indicator. It was found that the students were superior in some areas of wellness; the recruits, however, possessed a more pronounced state of overall physical wellness. This indicates that physical activity does contribute significantly to attaining a state of overall physical wellness and so reduces the risk of developing lifestyle related chronic conditions. The overall findings suggest that maintaining a healthy lifestyle through physical activity and health-promoting behaviour will result in a greater state of wellness. In this area of research a host of possibilities for future research are unfolding especially the overall wellness indicator.
 
Publisher AOSIS
 
Contributor — —
Date 2013-12-02
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — — — —
Format text/html application/octet-stream text/xml application/pdf
Identifier 10.4102/satnt.v32i1.770
 
Source Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 32, No 1 (2013); 13 bladsye Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 32, No 1 (2013); 13 bladsye 2222-4173 0254-3486
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/770/1456 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/770/1457 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/770/1458 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/770/1450
 
Coverage — — — — — —
Rights Copyright (c) 2013 Peet Du Toit, Lee-Anne Naicker, Evangeline Nortje, Michael Kleynhans, Ronél Ferreira, Gerda Gericke https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT