Die gebruik van vraelyste en parasitologiese analises om laerisikogroepe vir bilharziasebesmetting, asook die faktore wat daartoe mag bydra, in ’n gemeenskap in ’n endemiese gebied in Suid-Afrika te identifiseer

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie/South African Journal of Science and Technology

 
 
Field Value
 
Title Die gebruik van vraelyste en parasitologiese analises om laerisikogroepe vir bilharziasebesmetting, asook die faktore wat daartoe mag bydra, in ’n gemeenskap in ’n endemiese gebied in Suid-Afrika te identifiseer The use of questionnaires and parasitological analyses to identify groups at low risk of becoming infected with bilharziasis and the factors that might contribute to this in a community in the endemic area in South Africa
 
Creator Wolmarans, C. T. de Kock, K. N. le Roux, J.
 
Subject — — — —
Description Groepe waarvan die risiko laag is om met Schistosoma haematobium besmet te raak en die faktore wat hiertoe mag bydra, is in ’n studie in die Limpopo-provinsie in Suid-Afrika geïdentifiseer. Urinemonsters is by 623 persone waarvan 276 mans was, versamel. Skistosoom-ova is geïsoleer deur die totale urinemonster met behulp van ’n Visser Helmintfilter® te filtreer. Die geïsoleerde ova is hierna getel en per 10 ml urine uitgedruk. Inligting aangaande die persone se ouderdom, geslag, vlak van skoolopleiding, kennis van die siekte, geskiedenis van vorige antiskistosomale behandeling, besoeke aan die rivier en aktiwiteite by die rivier uitgevoer, is met behulp van ’n vraelys bekom. ’n Piek in prevalensie en intensiteit van besmetting was veral by die manlike persone in die ouderdomsgroepe 3-9 en 10-14 jaar gevind. By die ouderdomsgroep 3-9 jaar is gevind dat die beskikbaarheid van ’n toilet goed met die afwesigheid van skistosoombesmettings gekorreleer het. In die geval van die ouderdomsgroepe 10-14 en 23 jaar en ouer kon geen sodanige faktore geïdentifiseer word nie. Die beskikbaarheid van ’n huiskraan en ’n gemeenskaplike kraan het by beide die mans en vrouens in die ouderdomsgroep 15-22 jaar goed met die afwesigheid van skistosoombesmettings gekorreleer, terwyl kennis van die siekte en om in die rivier te bad onderskeidelik as faktore by die dogters in die ouderdomsgroepe 3-9 en vrouens in die ouderdomsgroep 23 jaar en ouer geïdentifiseer is, wat met die afwesigheid van besmetting gekorreleer het. Die grootste aantal manlike en vroulike indiwidue was lig besmet, terwyl slegs 3,6% van die mans en 2,7% van die vrouens swaar besmet was. Groups at low risk of becoming infected with Schistosoma haematobium, as well as factors minimising such a risk, were identified in a study in the Limpopo Province of South Africa. Urine samples were collected from 623 persons of whom 276 were males. Schistosome ova were isolated by filtering the entire urine sample through a VisserHelminth Filter®. The isolated ova were counted and expressed as numbers per 10 ml urine. Information with regard to age, sex, level of schooling, knowledge of the disease, history of previous anti schistosomiasis treatment, visits to the river and details of activities performed at the river was obtained from the people tested by means of a questionnaire. A peak in prevalence as well as intensity of infection in especially the males in the 3-9 and 10-14 age groups was found. In the 3-9 year age group the availability of a toilet was found to correlate well with the absence of schistosome infections while no such factors could be found in the 10-14 year and older than 23 year age groups. The availability of either a house or communal tap was identified as a factor that correlates well with the absence of infection in both males and females in the 15-22 year age group. Knowledge of the disease and bathing in the river were respectively identified as factors in females in the 3-9 and older than 23 year age groups, which correlate well with the absence of infection. The majority of males and females had low infection rates, while only 3,6% of the males and 2,7% of the females were heavily infected.
 
Publisher AOSIS
 
Contributor — —
Date 2004-09-23
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — — — —
Format application/pdf
Identifier 10.4102/satnt.v23i4.199
 
Source Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 23, No 4 (2004); 99-103 Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 23, No 4 (2004); 99-103 2222-4173 0254-3486
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/199/169
 
Coverage — — — — — —
Rights Copyright (c) 2004 C. T. Wolmarans, K. N. de Kock, J. le Roux https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT