Omgewingsrapportering deur middel van koerante in Suid-Afrika: ’n Vergelykende studie

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie/South African Journal of Science and Technology

 
 
Field Value
 
Title Omgewingsrapportering deur middel van koerante in Suid-Afrika: ’n Vergelykende studie Environmental reporting through newspapers in South Africa: A comparative study
 
Creator van der Walt, Adriaan J.
 
Subject Geography — — —
Description Gedurende die laaste drie dekades van die 20ste eeu het die wêreld toenemend bewus geword van die globale omgewing en die impakte van menslike aktiwiteite op die omgewing. Vanuit ‘n omgewingsperspektief, het die massamedia bygedra tot die styging in omgewingsbewustheid en het, tereg of verkeerdelik, die fokus van die publiek gevestig op spesifieke omgewingskwessies. Hierdie belangrike bron van inligting (die massamedia) vir die publiek kom voor in ’n groot verskeidenheid vorme: dit sluit die televisie, tydskrifte, koerante en pamflette in. In die algemeen is gevind dat koerante die oorheersende bron van inligting beskikbaar vir die publiek is. Dus fokus hierdie projek op die omgewingsrapportering in nasionale koerante in Suid-Afrika en die vraag of dié soort rapportering genoegsaam is om die publiek se omgewingsbewustheid op te skerp. Eksemplare van twee nasionale koerante, een Engels (Sunday Times) en een Afrikaans (Rapport) is verkry uit die hoofbiblioteek van Bloemfontein en is ontleed oor ’n tydperk van twee jaar, naamlik 2007 en 2008. Die doelwitte was om die getal omgewingsartikels te bepaal, die tipe of kategorie van artikels en die belangrikheid (bladsynommer) van die artikels in beide nasionale koerante te bepaal. Die resultate in die twee nasionale koerante is vergelyk en toon ’n baie interessante vloei van inligting oor die omgewing: daar was ’n afname in die omgewingverwante artikels oor die jare, terwyl biodiversiteit die hoofkategorie van die omgewingsartikels was. Die Afrikaanse koerant het hoofsaaklik op die nasionale nuus gefokus, terwyl die Engelse koerant ’n eweredige verspreiding tussen die nasionale en internasionale omgewingsnuus toon. In the last three decades of the 20th century the world witnessed an increased awareness of the global environment and the impact of human actions. From an environmental perspective, the mass media contributed to the heightened environmental awareness and, rightly or wrongly, focused the attention of the public on specific environmental issues. This vital source of information to the public (the mass media), can take on many forms, including television, magazines, newspapers and pamphlets. In general, newspapers have been found to be one of the most predominant sources of information available to the public. Therefore, this paper focuses on environmental reporting through national newspapers in South Africa and whether the reporting is sufficient to hone public awareness. Copies of two national newspapers, one English (Sunday Times) and one Afrikaans (Rapport) were obtained from the main library in Bloemfontein and were analysed over a two-year period,that is 2007 and 2008. The objectives were to determine the number of environmental articles; the type and/or category of articles and the importance (page number) of articles in both national newspapers. The results were compared and show a very interesting flow of environmental information. Preliminary results indicate that there was a decrease in environmental related articles over the years studied; and that most environmental articles fall into the main category of biodiversity. The Afrikaans paper focused predominantly on national news, while the English paper showed an even distribution between national and international environmental news.
 
Publisher AOSIS
 
Contributor — —
Date 2016-08-31
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — — — —
Format text/html application/octet-stream text/xml application/pdf
Identifier 10.4102/satnt.v35i1.1379
 
Source Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 35, No 1 (2016); 9 bladsye Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 35, No 1 (2016); 9 bladsye 2222-4173 0254-3486
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/1379/3169 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/1379/3170 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/1379/3171 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/1379/3160
 
Coverage — — — — — —
Rights Copyright (c) 2016 Adriaan J. van der Walt https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT