Meting van ultrasoniese pulssnelheid om die effektiwiteit van nabehandeling van kolherstel op beton te moniteer

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie/South African Journal of Science and Technology

 
 
Field Value
 
Title Meting van ultrasoniese pulssnelheid om die effektiwiteit van nabehandeling van kolherstel op beton te moniteer The use of ultrasonic pulse velocity measurements to monitor the effectiveness of concrete patch repairs
 
Creator Bester, Johannes J. Kruger, Deon
 
Subject Engineering Ultrasoniesepulssnelheidsmetings; kolherstel; effektiwiteit — —
Description Aangesien kolherstel op beton ’n relatiewe nuwe veld in betoningenieurswese is, is daar slegs ’n beperkte stel standaarde vir die uitvoer van sulke herstelwerk beskikbaar. Weens onvoldoende toetsmetodes van betonherstelwerk, is die toepassing van kwaliteitsversekering op sulke herstelareas dus beperk. Gepaste nabehandeling van betonherstelmateriaal het ’n beduidende invloed op die kwaliteit van die herstelwerk en ’n streng nabehandelingsprosedure word gespesifiseer deur die vervaardiger van die betonherstelmateriaal. Die vraag ontstaan dus nou oor hoe daar verseker kan word dat die herstelmateriaal korrek volgens spesifikasie nabehandel word. Die noodsaaklikheid van ’n koste-effektiewe, niedestruktiewe toets vir die evaluering van die kwaliteit van kolherstel is ooglopend. In hierdie artikel word verslag gelewer oor ’n ondersoek na die gebruik van die meting van ultrasoniese pulssnelheid om die effektiwiteit van die nabehandeling op die kolherstel te bepaal. As deel van die eksperimentele werk is drie stelle van vier 1200 mm x 235 mm x 140 mm betonmonsters voorberei deur gebruik te maak van drie verskillende betonsterktes (30 MPa, 40 MPa en 50 MPa). Die resultate het duidelik getoon dat daar ’n afname is in die sterkte-ontwikkeling van betonherstelmateriaal waar daar onvoldoende nabehandeling toegepas is. Swak nabehandeling het tot gevolg gehad dat daar ’n afname in die lesings van die ultrasoniese pulssnelheid was weens die laer digtheid en swakker sterkte-ontwikkeling van die herstelmateriaal. Hierdie bevinding is bevestig deur ooreenstemmende resultate te verkry vanaf aftrektoetse wat uitgevoer is om die bindsterkte tussen die kolherstelmateriaal en die in situ beton te bepaal. Die meting van die ultrasoniese pulssnelheid stel dus ’n effektiewe en vinnige, niedestruktiewe toetsmetode voor wat gebruik kan word vir die voorspelling van die kwaliteit van die kolherstel en kan as kwaliteitsbeheermeganisme van kolherstel in ’n vroeë stadium van die produk se lewensiklus aangewend word. Concrete patch repairing is a fairly new field in the concrete industry, so that there is only a limited number of standards available. Consequently there is also limited application of quality assurance for patch repairs. Curing has a major effect on the quality of the repair work; therefore the manufacturer of patch repair materials has very stringent guidelines with regards to curing methods. The question now is: How can it be ensured that the repair material was cured according to specification? So a need for a cost-effective, nondestructive test for the evaluation of the quality of patch repairing exists. This article presents the results of a research project on the use of ultrasonic pulse velocity to evaluate the quality of curing on concrete patch repairs. As part of the experimental work, three sets of four 1200 mm x 235 mm x 140 mm concrete test specimens were prepared in three concrete strengths (30 MPa, 40 MPa and 50 MPa). The results clearly indicate that there is a decline in the pulse velocities when inadequate curing is performed. This is due to the lower densities and poor strength development of the inadequately cured concrete patch material. This conclusion is supported by the corresponding pull-off tests that were done to determine the bond strength between the in situ concrete and concrete repair material. The measuring of the pulse velocities therefore proved an effective and fast nondestructive method to estimate the quality of concrete patch repairs, and can be used as a quality control method at the early stages of disrepair.
 
Publisher AOSIS
 
Contributor — —
Date 2014-11-13
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — — — —
Format text/html application/octet-stream text/xml application/pdf
Identifier 10.4102/satnt.v33i1.788
 
Source Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 33, No 1 (2014); 6 bladsye Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 33, No 1 (2014); 6 bladsye 2222-4173 0254-3486
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/788/2767 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/788/2768 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/788/2769 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/788/2761
 
Coverage — — — — — —
Rights Copyright (c) 2014 Johannes J. Bester, Deon Kruger https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT