Die beskerming van biologiese diversiteit deur gebruik te maak van die gevoeligheidsvariasie van spesies vir toksiese stowwe

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie/South African Journal of Science and Technology

 
 
Field Value
 
Title Die beskerming van biologiese diversiteit deur gebruik te maak van die gevoeligheidsvariasie van spesies vir toksiese stowwe The protection of biological diversity by using the variation in sensitivity of species for toxic substances
 
Creator Reinecke, A. J. Reinecke, S. A.
 
Subject — — — —
Description Pogings om algemeen geldende standaarde of maatstawwe vir omgewingskwaliteit op te stel vir die beskerming van Suid-Afrika se ryk biodiversiteit word bemoeilik deur die feit dat spesies baie kan verskil  ten opsigte van hulle gevoeligheid vir toksiese stowwe. Daar kan dus nie sonder meer vanaf een spesie na ’n ander geëkstrapoleer word nie. Deur egter juis gebruik te maak van hierdie variasie in gevoeligheid van spesies, kan die assessering van die risiko wat besoedelingstowwe vir organismes inhou wel op ’n meer wetenskaplike grondslag bedryf word. Hierdie konsep gaan uit van die standpunt dat indien kwaliteitskriteriums opgestel word wat die sensitiefste spesies beskerm, alle ander spesies outomaties beskerm word. Hierdie bydrae fokus op die gebruik van sensitiwiteitsverspreidings van spesies as metode en kyk oorsigtelik en krities na die aard en toepassings van die ekstrapolasiemodelle wat op hierdie verspreidings gebaseer is. Die moontlike aanwending daarvan en die argumente ten gunste daarvan en daarteen word bespreek. Die gevolgtrekking word gemaak dat spesie-sensitiwiteitsverspreidings wel nuttige aanwending kan vind, maar dat  gegewens oor die gevoeligheid van plaaslike spesies  baie skaars is. Hoewel dit reeds bruikbaar is, kan die algemene aanwending daarvan  in Suid-Afrika aansienlik uitgebrei word indien meer navorsing gedoen word om betroubare toksisiteitsgegewens vir verskillende spesies in te win, sodat die model meer verfyn kan word. Daarvoor moet gestandaardiseerde toksisiteitstoetse vir plaaslike spesies eers ontwikkel word. Efforts to develop generally applicable criteria or standards for environmental quality for the purpose of protecting South Africa’s rich biodiversity are normally hampered by the fact that species can differ considerably in their sensitivity to toxic substances. Direct extrapolation from one species to another is therefore not possible. By actually using this variation in sensitivity of species, the assessment of risk posed by contaminants may be placed on a more rigorous scientific footing. This concept holds that if quality criteria are accepted which would protect the most sensitive species, all other species are automatically protected. This article focuses on the use of sensitivity distributions of species as method and critically reviews the nature and applications of extrapolation models which are based on these distributions. Their possible use and arguments for and against such use are discussed. The conclusion is drawn that species sensitivity distributions have useful applications but data on the sensitivities of local species are scarce. Although already useful, this methodology can find more general application in South Africa if more research is undertaken to obtain reliable toxicity data for different species. In order to do that standardized toxicity tests for local species will have to be developed.
 
Publisher AOSIS
 
Contributor — —
Date 2003-09-26
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — — — —
Format application/pdf
Identifier 10.4102/satnt.v22i4.217
 
Source Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 22, No 4 (2003); 94-104 Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 22, No 4 (2003); 94-104 2222-4173 0254-3486
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/217/191
 
Coverage — — — — — —
Rights Copyright (c) 2003 A. J. Reinecke, S. A. Reinecke https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT