Die impak van suur mynwater op die ekologie van die Wieg van die Mensdom en die Krugersdorp-Wildreservaat aan die Wes-Rand
Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie/South African Journal of Science and Technology
Field | Value | |
Title | Die impak van suur mynwater op die ekologie van die Wieg van die Mensdom en die Krugersdorp-Wildreservaat aan die Wes-Rand The impact of acid mine drainage on the ecology of the Cradle of Humankind and Krugersdorp Game Reserve on the West Rand | |
Creator | Durand, François | |
Description | Die Witwatersrand Supergroep is die wêreld se rykste gouddraende geologiese afsetting. Hierdie ongeveer 2.8 miljard jaar oue eenheid word deur die 2.71–2.67 miljard jaar oue Ventersdorp Supergroep opgevolg wat weer deur die 2.67–2.46 miljard jaar Chuniespoort Groep van die Transvaal Supergroep bedek word. Die dolomietryke Chuniespoort Groep is ook ’n reusewaterdraer waaruit water vir boerdery in suidelike Gauteng, die suidoostelike Noordwes- Provinsie en noordelike Vrystaat onttrek word. Megaliters grondwater stroom daagliks vanuit die dolomietryke gebiede in die naasliggende myne in, wat veroorsaak dat hierdie water voortdurend uitgepomp moet word, alvorens daar met mynaktiwiteite voortgegaan kan word. Die goudmyne in die Witwatersrand Supergroep is van die diepste myne ter wêreld en dié in Gauteng is tot ongeveer 3 km diep. Die myne van die Sentraal-Rand, die Oos-Rand en die Wes-Rand, wat oor ’n gebied van ongeveer 100 km strek, is een ná die ander gesluit toe die gouderts tot op ’n diepte van ongeveer 3 km ondergronds uitgemyn was en dit te onekonomies geword het om voort te gaan om te myn. Die reusagtige ondergrondse mynholte wat nagelaat is, beslaan etlike miljoene kubieke meter. Hierdie mynholte het stadigaan weer met grondwater begin opvul, en die fonteine rondom die Witwatersrandse myne het na ’n eeu van ontwatering weer begin vloei. Dit is egter nie skoon dolomitiese water wat uit die fonteine stroom nie, maar suur mynwater wat hoë konsentrasies swaelsuur, sulfaatsoute en metale, insluitende radioaktiewe swaarmetale, bevat. Die gouddraende lae van die Witwatersrand Supergroep bevat ook groot hoeveelhede ysterpiriet (FeS2) wat swaelsuur vorm wanneer dit in aanraking met suurstof en water kom. Die agteruitgang van die ekologie van Krugersdorp se Wildreservaat en die Wieg van die Mensdom is ’n goeie voorbeeld van die negatiewe uitwerking van suur mynwater op die ekologie. The Witwatersrand Supergroup is the world’s richest goldbearing geological deposit. This approximately 2.8 milliard years old unit is overlain by the 2.71–2.67 milliard years Ventersdorp Supergroup which is in turn overlain by the 2.67–2.46 milliard years Chuniespoort Group of the Transvaal Supergroup. The dolomite-rich Chuniespoort Group also contains a large aquifer which supplies water to farms in southern Gauteng, southeastern North West Province and northern Free State. The megalitres of water in the dolomite flooding the adjacent gold mines in the Witwatersrand Supergroup need to be pumped out constantly to keep the mines operational. The gold mines in the Witwatersrand Supergroup are amongst the deepest mines in the world and those in Gauteng are up to 3 km deep. The mines of the Central Rand, the East Rand and the West Rand, which extend over an area of 100 km, were shut down, one after the other, as the gold ore was depleted to a depth of approximately 3 km and it became uneconomical to continue. The enormous mine void, occupying several million cubic metres, gradually started to fill up with groundwater again, causing the springs in the vicinity of the Witwatersrand mines to flow after more than a century of dewatering. The water flowing from these springs, however, is not clean dolomitic water but acid mine water containing a high concentration of sulphuric acid, sulphate salts and metals, including radioactive heavy metals. The auriferous geological layers constituting the Witwatersrand Supergroup also contain large quantities of iron pyrite (FeS2) which forms sulphuric acid when it comes into contact with water and oxygen. The deterioration of the ecology in the Krugersdorp Game Reserve and the Cradle of Humankind World Heritage Site is a good example of the negative impact acid mine water has on the ecology. | |
Publisher | AOSIS | |
Date | 2016-11-25 | |
Identifier | 10.4102/satnt.v35i1.1367 | |
Source | Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 35, No 1 (2016); 9 bladsye Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 35, No 1 (2016); 9 bladsye 2222-4173 0254-3486 | |
Language | eng | |
Relation |
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:
https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/1367/3226
https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/1367/3225
https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/1367/3227
https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/1367/3214
|
|
ADVERTISEMENT