Die bepunting van meerkeusige vrae

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie/South African Journal of Science and Technology

 
 
Field Value
 
Title Die bepunting van meerkeusige vrae Scoring multiple choice questions
 
Creator Barnard, John J.
 
Subject — — Assessment; Measurement; Evaluation Multiple-choice questions; guessing; measurement theories; scoring tests
Description In hierdie artikel word verskillende metingsteorieёkortliks bespreek en vergelyk wat betref die bepunting van meerkeusige vrae. Daar word gedemonstreer hoe die hantering van ontbrekende response ’n beduidende impak kan hê op ’n toetsling se prestasie en hoe dit ten beste gehanteer word volgens die verskillende moderne teorieё. Die feit dat toetslinge meerkeusige vrae korrek kan beantwoord deur te raai is jare lank al die onderwerp van bespreking. Daar word aangeneem dat toetslinge meestal nie géén kennis hoegenaamd van die inhoud van ’n toepaslike toets het nie, en dus geneig is om ingeligte raaiskote te waag eerder as wilde raaiskote. Probleme met die klassieke korreksie vir raai, die gebruik van passingsindekse in Rasch en die raai-itemparameter in die itemresponsteorie (IRT) word beklemtoon. Die slotsom waartoe gekom word, is dat die keusewaarskynlikheidsteorie moontlik die beste oplossing bied. Die drieparameter- logistiese itemresponsteorie (IRT)-model sluit ’n ’raaiitemparameter’ in om die kanse aan te dui dat ’n toetsling die regte antwoord geraai het. Daar moet egter onthou word dat dit ’n persoon is wat raai, nie ’n item nie, en dat die raaiparameter dus eintlik ’n persoonsparameter moet wees. Die doel van die keusewaarskynlikheidsteorie is om hierdie probleem te oorkom deur te probeer vasstel wat die graad van sekerheid is wat die toetsling het dat ’n bepaalde opsie die regte een is. Relastiese allokasies van hierdie waarskynlikhede dui die graad van raai aan en bied dus meer noukeurige maniere om vermoëns te meet. This article briefly touches on how different measurement theories can be used to score responses on multiple choice questions (MCQs). How missing data is treated may have a profound effect on a person’s score and is dealt with most elegantly in modern theories. The issue of guessing a correct answer has been a topic of discussion for many years. It is asserted that test takers almost never have no knowledge whatsoever of the content in an appropriate test and therefore tend to make educated guesses rather than random guesses. Problems related to the classical correction for guessing is highlighted and the Rasch approach to use fit statistics to identify possible guessing, is briefly discussed. The threeparameter ‘logistic’ item response theory (IRT) model includes a ‘guessing item parameter’ to indicate the chances that a test taker guessed the correct answer to an item. However, it is pointed out that it is a person that guesses, not an item, and therefore a guessing parameter should be a person parameter. Option probability theory (OPT) purports to overcome this problem through requiring an indication of the degree of certainty the test taker has that a particular option is the correct one. Realistic allocations of these probabilities indicate the degree of guessing and hence more precise measures of ability.
 
Publisher AOSIS
 
Contributor — —
Date 2013-06-27
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — — — —
Format text/html application/octet-stream text/xml application/pdf
Identifier 10.4102/satnt.v32i1.402
 
Source Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 32, No 1 (2013); 7 bladsye Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 32, No 1 (2013); 7 bladsye 2222-4173 0254-3486
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/402/755 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/402/756 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/402/757 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/402/751
 
Coverage — — — — — —
Rights Copyright (c) 2013 John J. Barnard https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT