’n Dekade van demokrasie: omgewingsbestuur in ’n veranderende wêreld

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie/South African Journal of Science and Technology

 
 
Field Value
 
Title ’n Dekade van demokrasie: omgewingsbestuur in ’n veranderende wêreld A decade of democracy: environmental management in a changing world
 
Creator Aucamp, P. J.
 
Subject — — — —
Description Die wêreld se fokus op die omgewing het begin met die konferensie van die Verenigde Nasies oor die menslike omgewing in Stockholm in 1972. Dit het gelei tot die vorming van die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram (UNEP). Dié nuwe belangstelling in die mens se rol in die omgewing het egter eers momentum gekry na die publikasie van die verslag “Our Common Future” deur die wêreldkommissie oor ontwikkeling en die omgewing onder voorsitterskap van Gro Harlem Brundtland en die opvolgkonferensie ook genoem die Aarde Beraad in Rio de Janeiro in 1992. Die vernaamste produkte van hierdie konferensie was die “Earth Charter” en die Agenda 21 aksieplanne. Kort hierna, in 1994, het Suid-Afrika ’n nuwe regering gekry. Die nuwe Grondwet wat in 1996 aanvaar is, is een van die weinige in die wêreld wat klousules oor die beskerming van die omgewing bevat. Sedert 1994 is omgewingswetgewing in Suid-Afrika aansienlik aangepas. Daar is byvoorbeeld ’n nuwe Nasionale Wet op Omgewingsbestuur, ’n Nasionale Waterwet, ’n Minerale en Petroleum Hulpbronontwikkelingswet, ’n Konsepwet op Luggehaltebeheer en vele meer. ’n Groot aantal nieregeringsorganisasies (NGOs) het die Rio-konferensie bygewoon. Van hulle, soos Greenpeace (en plaaslik Earthlife Africa), het drukgroepe ontwikkel wat groot druk op regerings geplaas het om meer aandag aan die beskerming van die omgewing te gee en die omgewing beter te bestuur. In dieselfde tyd is die resultate van wetenskaplike navorsing gepubliseer wat ’n groot impak op die mens se siening van die omgewing gemaak het. Die ontdekking van die gat in die osoonlaag en die versnelde wêreldverwarming het wye belangstelling ontlok. Dit het gelei tot konvensies en protokolle wat deur die meeste lande van die wêreld ondersteun word, byvoorbeeld 189 uit ’n moontlike 191 lande het die Montreal Protokol vir die Beskerming van die Osoonlaag geratifiseer teen Junie 2004. Reaksie van die privaat sektor het ook nie uitgebly nie en dit is vandag die norm om ook oor die sogenaamde “Triple Bottomline” (ekonomiese, sosiale en omgewingsaspekte) te rapporteer. Die vraag wat nou ontstaan is: wie of wat in die nuwe bedeling – die regering, druk van groen organisasies of reaksie op wetenskaplike navorsing – het die meeste invloed op die magdom nuwe wetgewing en die veranderde klem op omgewingsbestuur in beide die openbare en die privaat sektor gehad? In hierdie referaat word die invloed van al drie kortliks bespreek. The world’s focus on the environment started in 1972 with the Conference of the United Nations on the Human Environment in Stockholm. This led to the formation of the United Nations’ Environmental Programme (UNEP). The new interest in the role of the humans in the environment only picked up momentum after the publication of the report, Our Common Future by the World Commission on Development and the Environment, led by Harlem Gro Brundtland and the follow-up Conference in Rio de Janeiro in 1992 (The Earth Summit). The main products from this conference were the Earth Charter and the Agenda 21 principles and action plans. Not long after this event South Africa had a change in government in 1994. The new Constitution that was accepted in 1996 is one of the few constitutions that contain pertinent clauses pertaining to the protection of the environment. Environmental legislation such as the new National Environmental Management Act, a National Water Act, a Mineral and Petroleum Resources Development Act, an Air Quality Management Bill has been adapted since 1994. A huge number of non-governmental organisations (NGOs) attended the Rio Conference. Some, like Greenpeace (and locally Earthlife Africa), developed pressure groups that pressurised governments to give more attention to the protection of the environment and to improve environmental management. During this period results of scientific research that had a large impact on humankind’s perception of the environment, were published. The discovery of the hole in the ozone layer and of the increase in global warming led to great public interest. This led to conventions and protocols that have been ratified by most countries in the world, for example 189 out of a possible 191 countries ratified the Montreal Protocol for the Protection of the Ozone Layer by June 2004. The private sector responded and today it is the norm to report about the “Triple Bottom-line” (economic, social and environmental aspects). The question that arises is: who had the most influence on the wealth of new legislation and the change of emphasis to environmental management in the private and public sectors – the new government, pressure from green organisations or reaction to scientific research? This paper discusses the influence of all three. 
 
Publisher AOSIS
 
Contributor — —
Date 2005-09-22
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — — — —
Format application/pdf
Identifier 10.4102/satnt.v24i1/2.167
 
Source Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 24, No 1/2 (2005); 21-27 Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 24, No 1/2 (2005); 21-27 2222-4173 0254-3486
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/167/140
 
Coverage — — — — — —
Rights Copyright (c) 2005 P. J. Aucamp https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT