The effect of emotional state on the learning of visual skills

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie/South African Journal of Science and Technology

 
 
Field Value
 
Title The effect of emotional state on the learning of visual skills Die uitwerking van emosionele toestand op die aanleer van visuele vaardighede
 
Creator Mills, Caroline E. Coetzee, Nicoleen Nortje, Evangeline Kleynhans, Michael Ferreira, Ronél Fraser, William J. Du Toit, Peet
 
Subject Physiology; Psychology visuele vaardigheid, visuele vaardighede, sportvisuele-oefeninge, angs, weetgierigheid, emosionele toestand — —
Description The findings of the present study suggest that anxiety, to some extent, influences the learning of focusing, tracking and vergence. Curiosity, on the other hand, did not influence the learning of any of the visual skills under investigation in the present study. Good visual skills are essential components in achieving educational, economic and social success, and independence. A need has been identified to determine whether the visual skills of students can be improved through sports vision exercises, and whether the potential benefits derived from these sports vision exercises could be influenced by emotional states such as anxiety and curiosity. Since little research has been conducted on the relationship between the learning of visual skills and the presence of these two emotional states, one needs to determine the extent to which anxiety and curiosity affect the learning of visual skills. For the purposes of this study, a quantitative research methodology was used. A quasi-experimental approach was employed to collect data on visual skills and the effects of sports vision exercises on these visual skills. The sample consisted of second-year physiology students (n = 204) and included students of genders, various ethnicities, and ages ranging from 18 to 27 years of age. Anxiety and curiosity were measured by using the State-Trait Personality Inventory (STPI), whilst the visual skills of the participants were measured by using a battery of visual skills tests. The results proved that sports vision exercises can improve some visual skills. It should, however, be noted that anxiety levels must be controlled when administering this training. The findings of the present study suggest that anxiety, to some extent, negatively influences the learning of focusing, tracking and vergence. Curiosity on the other hand did not influence the learning of any of the visual skills under investigation in the present study. Goeie visuele vaardighede is noodsaaklike komponente in die bereiking van opvoedkundige, ekonomiese en sosiale sukses, en onafhanklikheid. ’n Behoefte is geïdentifiseer om te bepaal of die visuele vaardighede van studente verbeter kan word deur visuele sportoefeninge, en of die potensiële voordele van hierdie soort oefeninge beïnvloed kan word deur emosionele toestande soos angs en nuuskierigheid. Albei laasgenoemde toestande kan ’n impak hê op die aanleer van visuele vaardighede. Aangesien daar tot dusver min navorsing gedoen is oor die verwantskap tussen die aanleer van visuele vaardighede en die aanwesigheid van dié twee emosionele toestande, is dit nodig om te bepaal in watter mate angs en weetgierigheid wel die aanleer van visuele vaardighede kan beïnvloed. ’n Kwantitatiewe navorsingsmetodologie is vir die doel van die studie gebruik. ’n Kwasi-eksperimentele ontwerp is uitgevoer ten einde data te versamel oor visuele vaardighede en die uitwerking van visuele sportoefeninge daarop. Die steekproef het bestaan uit tweedejaarse fisiologiestudente (n = 204) en het studente ingesluit van albei geslagte, uiteenlopende etnisiteite, almal in die ouderdomsgroep 18–27 jaar. Angs en weetgierigheid is gemeet aan die hand van die State-Trait Personality Inventory (STPI), terwyl die visuele vaardighede van die deelnemers gemeet is deur ’n battery toetse vir visuele vaardigheid. Die uitslae van die toetse kan moontlik aantoon dat oefeninge sommige visuele vaardighede kan verbeter. Dis egter belangrik om daarop te let dat angsvlakke in berekening gebring moet word wanneer die opleiding onderneem word. Volgens die bevindings van hierdie studie blyk dit dat angs in ’n mate ’n negatiewe uitwerking op die aanleer van fokus, sporingsvermoë en vergensie het. Volgens die huidige studie blyk dit egter dat weetgierigheid nie enige invloed gehad het op enige van die visuele vaardighede wat in die studie nagevors is nie.
 
Publisher AOSIS
 
Contributor — —
Date 2014-11-13
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — — — —
Format text/html application/octet-stream text/xml application/pdf
Identifier 10.4102/satnt.v33i1.1171
 
Source Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 33, No 1 (2014); 9 bladsye Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 33, No 1 (2014); 9 bladsye 2222-4173 0254-3486
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/1171/2787 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/1171/2789 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/1171/2790 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/1171/2749
 
Coverage — — — — — —
Rights Copyright (c) 2014 Caroline E. Mills, Nicoleen Coetzee, Evangeline Nortje, Michael Kleynhans, Ronél Ferreira, William J. Fraser, Peet Du Toit https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT