Die nalatenskap van ‘n besondere driemanskap

Journal for Transdisciplinary Research in Southern Africa

 
 
Field Value
 
Title Die nalatenskap van ‘n besondere driemanskap
 
Creator Kapp, Pieter
 
Subject — —
Description Marie Koopmans-de Wet, FS Malan en Frans Engelenburg het na 1895 ’n besondere driemanskap ontwikkel wat na Marie Koopmans-de Wet se dood op 2 Augustus 1906 tussen die ander twee bly voortbestaan het tot met Engelenburg se dood op 21 Augustus 1938. As bevestiging hiervan dien die artikel wat FS Malan nog in 1937 in Die Huisgenoot oor Marie Koopmans-de Wet geskryf het. Die drie se besondere nalatenskap leef vandag voort in die pragtige Kaapse herehuis in Strandstraat 353 na haar vernoem. Studies is aan aspekte van al drie van hulle se lewens gewy maar die besondere vriendskap en verhouding tussen hulle blyk nou eers uit die Engelenburg-dokumente in die argief van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Die nuutste studie is prof. FA Mouton se biografie van FS Malan. Malan self het in 1924 in Nederlands ’n huldigingsbiografie oor Marie Koopmans-De Wet geskryf. In werklikheid is die manuskrip gebaseer op die versameling dokumente van Marie Koopmans-De Wet wat Engelenburg oor die jare byeengebring het en was hy die man wat by Malan daarop aangedring het dat hy die werk moet voltooi. Die oorspronklike bedoeling was dat die boek reeds in 1912 moes verskyn het, maar Malan, wat as kabinetsminister uitgebreide openbare verpligtinge gehad het, het eers in 1924 die werk afgehandel. Die boek bied sporadiese blikke op die bestaan van ’n Driemanskap maar die werklike aard van die driemanskap moet uit die ander bronne bestudeer word. Linda Brink het reeds die eerste deel van ’n biografie van Engelenburg vir haar meestersgraad voltooi en tans behandel sy die res van sy lewensverhaal vir ’n doktorale proefskrif.
 
Publisher AOSIS
 
Contributor
Date 2011-12-31
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — —
Format application/pdf
Identifier 10.4102/td.v7i2.235
 
Source The Journal for Transdisciplinary Research in Southern Africa; Vol 7, No 2 (2011); 8 pages 2415-2005 1817-4434
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://td-sa.net/index.php/td/article/view/235/212
 
Coverage — — —
Rights Copyright (c) 2011 Pieter Kapp https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT