Dr. Albert Hertzog se bemoeienis met die Mynwerkersunie

Journal for Transdisciplinary Research in Southern Africa

 
 
Field Value
 
Title Dr. Albert Hertzog se bemoeienis met die Mynwerkersunie
 
Creator Visser, Wessel
 
Subject — Albert Hertzog, Mywerkersunie, vakbondwese in Suid-Afrika, Nasionale Party, Afrikanernasionalisme, arbeid
Description In 1975 het Dan O’Meara die boek van L Naudé, Dr A. Hertzog, die Nasionale Party en die Mynwerkers, vir die South African Labour Bulletin geresenseer. Daarin bespreek O’Meara die stryd en motiewe van die Afrikaner politieke en kulturele elite om ‘n Afrikaner-nasionalisties-georiënteerde leierskap teen 1948 in beheer van die Mynwerkersunie (MWU) te stel. Resente navorsing, gebaseer op ‘n in diepte studie van die Hertzog-Versameling by die Instituut vir Eietydse Geskiedenis in Bloemfontein, asook ander dokumente, het Hertzog se verdere intieme betrokkenheid by hierdie vakbond in die post-1948 periode aan die lig gebring. Aantygings van korrupsie teen die MWU se hoofsekretaris, Daan Ellis, het tot smeerveldtogte, mosies van wantroue en kommissies van ondersoek na korrupsieklagtes en wanbestuur aanleiding gegee. Dit het ‘n onverkwiklike magstryd tussen PJ Visser, die president van die MWU, en Ellis tot gevolg gehad. Hertzog was ten nouste daarby betrokke. Hertzog en lede van die Afrikaner politieke- en kulturele-elíte was besorg dat die twis en onmin binne die vakbond uiteindelik die beeld van die MWU by blanke mynwerkers, en Afrikanermynwerkers in die besonder, kon benadeel wat op sý beurt weer polities ‘n negatiewe gevolge vir die NP by die stembus kon inhou. Daarom sou Hertzog probeer om met die bestuur van die vakbond in te meng en selfs lede van die Afrikaner Broederbond het gepoog om die magstryd binne die MWU te ontlont. Hierdie artikel poog om ‘n aspek van die politieke lewe van dr. Albert Hertzog te belig, aangesien daar nog geen deurtastende wetenskaplike historiese ondersoek na die politieke lewe van hierdie omstrede figuur in die Suid-Afrikaanse geskiedenis gedoen is nie.
 
Publisher AOSIS
 
Contributor
Date 2006-04-11
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — —
Format application/pdf
Identifier 10.4102/td.v2i1.312
 
Source The Journal for Transdisciplinary Research in Southern Africa; Vol 2, No 1 (2006); 20 pages 2415-2005 1817-4434
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://td-sa.net/index.php/td/article/view/312/123
 
Coverage — — —
Rights Copyright (c) 2006 Wessel Visser https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT