Musikale ontlening en die voortbestaan van melodiese spore uit die verlede

Journal for Transdisciplinary Research in Southern Africa

 
 
Field Value
 
Title Musikale ontlening en die voortbestaan van melodiese spore uit die verlede
 
Creator van Rensburg, Henriëtte Spies, Bertha
 
Subject Musiek; Musiekgeskiedenis; Musiekteorie; Etologie; Mnemoniek musikale ontlening; melodiese spore; konvensionele melodiese figure; melodiese openingspatrone
Description Komponiste kan nie geïsoleer word van die musikale spore van die verlede nie – hierdie spore kan doelbewus deur komponiste betrek word of deur die filter van die onderbewussyn in ’n mindere of meerdere mate in latere werke bly voortbestaan. Dit is moeilik om 'n greep op die verskynsel van musikale ontlening te kry omdat sogenaamde ontlenings nie altyd met voldoende bewysvoering tot die oorsprong teruggevoer kan word nie. In 'n poging om hierdie probleem sistematies te ondersoek, word hier van die standpunt uitgegaan dat daar melodiese gestaltes is wat nie eksklusief aan 'n spesifieke komponis gekoppel kan word nie maar wat deel uitmaak van 'n gemeenskaplike musiekwoordeskat. Een manier waarop helderheid oor hierdie saak verkry kan word, is om 'n historiese benadering te volg deur die spore van melodiese gestaltes in die verlede terug te volg.Hierdie artikel konsentreer op tematiese spore aangesien melodie daardie aspek van ’n komposisie is wat direk tot die luisteraar spreek. Eerstens betrek ’n historiese perspektief die moontlike bestaan van melodiese spore in die onderbewussyn, melodiese spore as konvensionele figure en die probleem wat ontstaan wanneer ontleende materiaal aan ’n spesifieke komponis gekoppel word. Tweedens word gedemonstreer hoe die melodiese figuur wat begin met die stygende vyfdesprong teruggespoor kan word tot die eerste eeue n.C. ’n Soortgelyke strategie wat die sprong van ’n stygende derde as openingsfiguur betrek, kan hierdie melodiese figuur verder terugspoor, naamlik tot by ’n Griekse Delfiese himne van die tweede eeu v.C.Trefwoorde:musikale ontlening, melodiese spore, konvensionele melodiese figure,melodiese openingspatrone Dissiplines:Musiek,Musiekgeskiedenis, Musiekteorie, Etologie, Mnemoniek.
 
Publisher AOSIS
 
Contributor
Date 2011-07-31
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — —
Format application/pdf
Identifier 10.4102/td.v7i1.251
 
Source The Journal for Transdisciplinary Research in Southern Africa; Vol 7, No 1 (2011); 24 pages 2415-2005 1817-4434
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://td-sa.net/index.php/td/article/view/251/228
 
Coverage — — —
Rights Copyright (c) 2011 Henriëtte van Rensburg, Bertha Spies https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT