Die uitdaging van die natuurwetenskap in ons tyd

Koers - Bulletin for Christian Scholarship

 
 
Field Value
 
Title Die uitdaging van die natuurwetenskap in ons tyd
 
Creator v. d. Merwe Brink, C.
 
Subject — —
Description Gedurende die eerste 50 jaar van hierdie eeu het die natuurwetenskappe meer bereik as gedurende al die eeue van die menslike bestaan. Die mens se gemiddelde lewensverwagting is met 20 jaar opgestoot en hy het tot sy beskikking gekry elke denkbare meganiese en elektroniese fasiliteit vir sy gemak en gerief en hy beskik oor kommunikasiemiddels wat aan die begin van hierdie eeu as onmoontlik beskou is. Dit is byna ’n versoeking om te wil byvoeg dat die afgelope 20 jaar se natuurwetenskaplike ontwikkeling en vordering dié van die voorafgaande 50 jaar in die skadu stel. Die afgelope twee jaar alleen het twee hoogtepunte in hierdie natuurwetenskaplike prestasiewedloop gelewer wat alle ander op die agtergrond geskuif het — ek verwys hier na die eerste geslaagde oorplanting van ’n menslike hart en die eerste suksesvolle maanvlug. Voeg ons hierby die vooruitsig om eersdaags mense op die maan te land, kernkrag vir die ekonomiese opwekking van elektrisiteit en die grootskaalse ontsouting van seewater, weervoorspellings van weke vooruit, reusestraiers (1,000 passasierklas) teen klanksnelheid, laserstrale wat 100-miljoen telefoonoproepe en 10-miljoen televisiekanale gelyktydig kan dra, en u sal saamstem dat ons ’n soort natuurwetenskaplike rewolusie belewe. As dit onmoontlik geword het vir enige natuurwetenskap­ like om tred te hou met die vakliteratuur en al die ontwikkelings op sy eie vakgebied en dit vir hom buite die kwessie is om by benadering kennis te dra van die snelle vordering op al die verwante vakterreine — hoe moeilik moet dit nie vir diegene buite hierdie vakgebiede wees om te verstaan wat die natuur­wetenskaplike wil en waarheen hy op pad is nie? Begryplikerwys word dit vir hierdie twee groepe al hoe moeiliker om mekaar se taal te verstaan.
 
Publisher AOSIS
 
Contributor
Date 1969-02-07
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — —
Format application/pdf
Identifier 10.4102/koers.v36i5.1318
 
Source Koers - Bulletin for Christian Scholarship/Bulletin vir Christelike Wetenskap; Vol 36, No 5 (1969); 312-323 2304-8557 0023-270X
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://journals.koers.aosis.co.za/index.php/koers/article/view/1318/1424
 
Coverage — — —
Rights Copyright (c) 1969 C. v. d. Merwe Brink https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT