Anomalieë in die geskiedenis van die Griekse Wysbegeerte

Koers - Bulletin for Christian Scholarship

 
 
Field Value
 
Title Anomalieë in die geskiedenis van die Griekse Wysbegeerte
 
Creator de Vleeschauwer, H. J.
 
Subject — —
Description Die geskiedskrywing van die wysbegeerte is sowel ’n saak van historiese aanvoeling as van metodologiese geskooldheid. Sistematies aangelegde wysgere kan selde meer as ’n rasiona- listiese maakwerk van die geskiedenis tot stand bring by ge- brek aan daardie aanvoelingsvermoë wat enkel in ’n beperkte mate leerbaar is. ’n Mens besit daardie gawe of besit dit nie, net soos vir die een verstand vir die logika en vir die ander een vir die etiek voorbestem is. Daarom is ’n bepaalde „genia liteit” (die woord in etimologiese sin, nie in aksiologiese sin opgevat nie) ’n algemene voorvereiste om die lewe, ook die lewe van gedagtes te rekonstrueer. Gedagtes leef immers in die gees van mense en nie daarbuite as selfstandige wesens nie, en mense is voorasnog nie elektroniese masjienes, rasionalis- tiese of wiskundige deduksies of rasionalistiese formules nie. Daarbenewens veronderstel die geskiedenis ook metode, en metode is op sy beurt nie iets wat ’n mens somaar uit ’n pocket-boekie kan leer nie, maar wat spontaan uit die per- soonlike lewens- en werkervaring van die historikus self ont- staan en daardeur aan voortdurende korreksie blootgestel is. En dit lei tot ’n tweevoudige resultaat, eerstens dat ’n lewe van historiese ondersoek die enigste grondslag kan wees om met ’n ernstige kennis van sake oor die metode en sy veeler- hande vraagstukke te kan praat en tweedens dat die historikus gewoonlik gedurende die grootste gedeelte van sy historiogra- fiese loopbaan verplig word om met metodes te werk wat hy met verloop van tyd meer as een keer sal wysig.
 
Publisher AOSIS
 
Contributor
Date 1964-02-08
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — —
Format application/pdf
Identifier 10.4102/koers.v32i5/6.1425
 
Source Koers - Bulletin for Christian Scholarship/Bulletin vir Christelike Wetenskap; Vol 32, No 5-6 (1964); 245-265 2304-8557 0023-270X
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://journals.koers.aosis.co.za/index.php/koers/article/view/1425/1531
 
Coverage — — —
Rights Copyright (c) 1964 H. J. de Vleeschauwer https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT