'n Vergelyking van die invloed van sekere kontekstuele faktore op die simptome van persone met verworwe verbale apraksie en verbale ontwikkelingsapraksie

South African Journal of Communication Disorders

 
 
Field Value
 
Title 'n Vergelyking van die invloed van sekere kontekstuele faktore op die simptome van persone met verworwe verbale apraksie en verbale ontwikkelingsapraksie
 
Creator van der Merwe, A. Grimbeek, R. J.
 
Subject — —
Description Gegewens oor die individuele simptome van persone met verworwe verbale apraksie en verbale ontwikkelingsapraksie is van teoretiese belang vir die studie van verbale apraksie. Deur die vergelyking van individuele simptome kan liggewerp word op simptoombeelde of tipes verbale apraksie en op die aard van die afwyking by verworwe verbale apraksie en verbale ontwikkelingsapraksie. In hierdie ondersoek wat deel uitmaak van die groter ondersoek waarin die effek van variasie in kontekstuele faktore op verbaal apraktiese spraak nagegaan word (Van der Merwe, Uys, Loots en Grimbeek, 1987; 1988; Van der Merwe, Uys, Loots, Grimbeek en Jansen, 1989) is die simptome van vier persone met verworwe verbale apraksie en een persoon met verbale ontwikkelingsapraksie onderling vergelyk. Die ouditief waarneembare foute en afwykings in stemaanvangstyd, vokaalduur en uitingduur van die proefpersone is vergelyk. Die resultate toon onder andere aan dat die frekwensie van voorkoms van sekere simptome aanleiding gee tot individuele simptoombeelde, maar dat al die proefpersone die hoë voorkoms van simptome wat aanduidend is van die aard van die afwyking gemeen het. Die proefpersoon met verbale ontwikkelingsapraksie het al die simptome gemeen met die groep, maar vertoon minder afwykings in temporale vloei en uitingduur en meer klankvervangings. Die teoretiese implikasies van die resultate word bespreek.
 
Publisher AOSIS
 
Contributor
Date 1990-12-31
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — —
Format application/pdf
Identifier 10.4102/sajcd.v37i1.286
 
Source South African Journal of Communication Disorders; Vol 37, No 1 (1990); 27–34 2225-4765 0379-8046
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://sajcd.org.za/index.php/sajcd/article/view/286/392
 
Coverage — — —
Rights Copyright (c) 2019 A. van der Merwe, R. J. Grimbeek https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT