Jong kinders se gebruik van kommunikasiefunksies vóór en ná kogleêre inplanting

South African Journal of Communication Disorders

 
 
Field Value
 
Title Jong kinders se gebruik van kommunikasiefunksies vóór en ná kogleêre inplanting
 
Creator Kaltenbrünn, Inge Louw, Brenda Hugo, René
 
Subject — intensionaliteit; kommunikasiefunksies; preverbale kommunikasie; ernstige gehoorverlies; kogleêre inplanting
Description Hierdie artikel beskryf vyf jong kinders met kogleêre inplantings se gebruik van kommunikasiefunksies, in 'n poging om die invloed van die kinders se vroeë intensionele kommunikasiegedrag op hulle individuele kommunikasievaardighede ná kogleêre inplanting te ondersoek. Video-opnames van elk van die vyf  deelnemers in ongestruktureerde vryespelinteraksie met hulle versorgers, vóór kogleêre inplanting en twaalf en agtien maande ná kogleêre inplanting, is gebruik om die aard en die voorkoms van hulle kommunikasiefunksies oor tyd te identifiseer. Die Communicative Intention Inventory (Coggins Carpenter,  1981) is gebruik om die kommunikatiewe gedrag van die deelnemers te klassifiseer volgens die soorte kommunikasiefunksies wat gebruik is. Resultate van die ondersoek toon dat die aard en die voorkoms van die  kommunikasiefunksies merkbaar voor en ná kogleêre inplanting verskil het en die deelnemers se toenemende bevoegdheid om aan gespreksinteraksie deel te neem, gedemonstreer het. Individuele verskille tussen die deelnemers in hulle gebruik van heuristiese en informatiewe kommunikasiefunksies het moontlik 'n verklaring gebied vir die voorkoms van interklientvariasie in tempo van verbale kommunikasie-ontwikkeling  ná kogleêre inplanting. Die resultate word as betekenisvol beskou in die kliniese besluitnemingsproses met betrekking tot die kogleêre-inplantingkandidaatskap van jong kinders onder die ouderdom van drie jaar met 'n ernstige gehoorverlies en hulle terapeutiese bantering. Die resultate dra ook by tot die identifisering van 'n objektiewe vroee kommunikasie evalueringsprotokol vir jong kinders met 'n ernstige gehoorverlies in 'n prelinguistiese stadium van taalontwikkeling.
 
Publisher AOSIS
 
Contributor
Date 2005-12-31
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — —
Format application/pdf
Identifier 10.4102/sajcd.v52i1.202
 
Source South African Journal of Communication Disorders; Vol 52, No 1 (2005); 15–24 2225-4765 0379-8046
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://sajcd.org.za/index.php/sajcd/article/view/202/302
 
Coverage — — —
Rights Copyright (c) 2019 Inge Kaltenbrünn, Brenda Louw, René Hugo https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT