Record Details

The diamond novels of Luderitz: fact or fiction?

Literator

 
 
Field Value
 
Title The diamond novels of Luderitz: fact or fiction?
 
Creator Thiel, G.
 
Subject — —
Description Hierdie artikel ondersoek drie prosawerke wat gedurende die opwindende tydperk van 1908-1914 oor die lewe op die diamantvelde van Suidwes-Afrika, spesifiek in die omgewing van Luderitz, geskryf is. Aangesien die skrywers van hierdie werke kragtige ondersteuners van die Duitse kolonialisme was, wou hulle met hulle literêre werke die kolonisasie van Suidwes-Afrika aanmoedig. Daarom het hulle - soos hierdie artikel aantoon - kwistig historiese gegewens in die fiktiewe tekste geintegreer om sodoende ’n outentieke agtergrond te skep, Hulle ploeg egter vir die sentimente met die kalwers van die Duitse triviale vervolgverhale wat destyds reeds in die kolonie beskikbaar was. Hierdie eienaardige kombinasie lei tot negatiewe assosiasies met die destydse kolonie Suidwes-Afrika en ondermyn sodoende die doelwitte van die skrywers. Waar die skrywers die probleme van die kolonisasie van die inheemse bevolking aanraak of wys op die moeilikhede wat die Duitsers met die aanpassing by die eensame leefwyse in Suidwes-Afrika ondervind, styg hulle bo die vlak van gewone triviale literatuur uit. Ongeag die eksotiese besonderhede, gesien vanuit ’n Europese perspektief, beskryf die tekste 'n onherbergsame landstreek en die helde en heldinne swig óf voor die moeilikhede en versoekings van die lewe in die diamantwêreld, óf hulle keer terug Duitsland toe om daar ’n gelukkiger toekoms tegemoet te gaan.
 
Publisher AOSIS
 
Contributor
Date 1988-05-07
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — — —
Format application/pdf
Identifier 10.4102/lit.v9i3.854
 
Source Literator; Vol 9, No 3 (1988); 44-61 Literator; Vol 9, No 3 (1988); 44-61 2219-8237 0258-2279
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://literator.org.za/index.php/literator/article/view/854/1028
 
Coverage — — —
Rights Copyright (c) 1988 G. Thiel https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT