Record Details

’n Eeu van Gereformeerde jeugbeweging (1888–1988): ’n Histories-evaluerende verkenning

In die Skriflig

 
 
Field Value
 
Title ’n Eeu van Gereformeerde jeugbeweging (1888–1988): ’n Histories-evaluerende verkenning
 
Creator van der Walt, Bennie J.
 
Subject — —
Description Vir ’n eeu (1888–1988) het daar ’n groeiende en florerende Gereformeerde jeugbeweging, die Jongeliedeverenigings op Gereformeerde grondslag (afgekort as JV), in Suid-Afrika bestaan. Hierdie min of meer onafhanklike beweging het ’n belangrike rol gespeel om by jongmense ’n Christelike lewensvisie tuis te bring en hulle daardeur te inspireer. Hierdie artikel beginmet ’n motivering, waarna dit ’n kort historiese skets oor die ontstaan en ontwikkeling van die beweging bied gevolg deur ’n oorsig oor die bronne wat nog beskikbaar is en hieroor geraadpleeg kan word. Die volgende gedeelte van die artikel bevat twee gevallestudies. Die eerste bied ’n oorsig oor die breë spektrum van aktiwiteite van ’n spesifieke JV (nl. JV Gideon). Die spesifieke aktiwiteite van hierdie JV het dit in staat gestel om sy lede met ’n wye koninkryksperspektief toe te rus. In die tweede geval toon die bedrywighede van die Transvaalse Bond van JV’s (bv. deur sy leierskampe en verdere publikasies) dieselfde omvattende formatiewe waarde. In die lig van die voorafgaande gegewens, kan die besluit van die sinode (1988) van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) om finaal die jeugwerk van die JV’s te termineer en met kerklike jeugsorg te vervang, bevraagteken word. Die skrywer van hierdie artikel is van mening dat sowel kerklike jeugsorg as selfstandige jeugwerk elkeen ’n eie, unieke bydrae tot die vorming van Christelike jongmense kan maak en dus langs mekaar mag bestaan. In die lig van die steeds groeiende sekularisasie in die land word ten slotte die dringende noodsaaklikheid van iets soortgelyks aan die destydse JV’s vir vandag beklemtoon.A century of Reformed youth movement (1888–1988): A historical-evaluative reconnaissance. For a century (1888–1988) a growing and flourishing Reformed youth movement, called the ‘Jongeliedeverenigings op Gereformeerde grondslag’ (abbreviated as JV) existed in South Africa. This more or less independent movement played an important role in shaping the Christian worldview of its members. This article starts with a motivation for this reflection; it then provides a brief historical sketch of the origin and development of the movement, followed by a review of the sources consulted. The next section of the article presents two case studies. Firstly, it provides an overview of the broad spectrum of the activities of a specific JV (viz. JV Gideon). Its activities enabled it to equip its members with a wide kingdom perspective. In the second case, activities (e.g. leadership camps and added publications) of the then ‘Transvaalse Bond’ (Alliance) testifies to the same encompassing formative power. In the light of the preceding information, the decision of the synod of the Reformed Churches of South Africa (1988) to terminate the JV’s youth work to be replaced by the youth care of the churches is queried. The writer of this article is of the opinion that ecclesiastical care for its young members, as well as an independent youth movement, have a unique role to fulfil in the moulding and equipping of young Christians. It should therefore not exclude but rather complement each other. In the light of the growing secularisation in our country the conclusion emphasises the urgent need of re-establishing something similar to the erstwhile JV movement.
 
Publisher AOSIS
 
Contributor
Date 2015-08-28
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — —
Format text/html application/octet-stream text/xml application/pdf
Identifier 10.4102/ids.v49i1.1956
 
Source In die Skriflig/In Luce Verbi; Vol 49, No 1 (2015); 13 pages 2305-0853 1018-6441
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/1956/3340 https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/1956/3341 https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/1956/3342 https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/1956/3297
 
Coverage — — —
Rights Copyright (c) 2015 Bennie J. van der Walt https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT