Record Details

Editorial

In die Skriflig

 
 
Field Value
 
Title Editorial
 
Creator Office, Editorial
 
Subject — —
Description Die redaksie is dankbaar om nog ’n uitgawe van In die Skriflig aan ons lesers te bied. Hierdie uitgawe bied ’n artikel van Fritz de Wet wat handel oor ’n pneumaties-bepaalde teoretiese raamwerk vir ’n navorsingsmetodologie in Praktiese Teologie. Hy wys op die unieke aard van prakties-teologiese wetenskapsbeoefening en toon aan hoe ’n pneumaties-bepaalde teoretiese raamwerk binne hierdie pro- ses diensbaar kan wees. Hierdie artikel is ’n belangrike bydrae vir navorsingsmetodologie in ’n tyd waarin sodanige metodologie weer in Teologie aan die orde gestel word. Hannes van der Walt vra die vraag of “Spiritualiteit” die nuwe godsdiens van ons tyd geword het? Hierdie vraag het belangrik geword in die postmoderne geestes- klimaat waar, in verset teen die dominansie van die rede, weer ge- soek word na “ervaring” en “gevoelsbelewing” binne ’n religieuse verband. Sy konklusie is dat hoewel “Spiritualiteit” nie werklik as ’n nuwe religie gesien kan word nie, dit tog waar is dat mense en- toesiasties soek na nuwe geestelike ervarings. Daarom draai baie mense hulle rug op die hoofstroomkerke waarin hulle meen hulle nie sulke ervarings kan beleef nie. Benno Zuiddam ondersoek die teo- logiese verskuiwing in die denke van David Faure, die negentiende- eeuse Kaapse predikant. Aanvanklik het Faure sy teologie in die lyn van die rasionalisme bedink, maar het daarna sy toevlug tot spiri- tisme geneem. Op grond van hierdie historiese gebeurtenis vra Benno die vraag of dit nie ook die lot gaan wees van die Nuwe Her- vormingbeweging in Suid-Afrika nie.
 
Publisher AOSIS
 
Contributor
Date 2009-07-26
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — —
Format application/pdf
Identifier 10.4102/ids.v43i2.221
 
Source In die Skriflig/In Luce Verbi; Vol 43, No 2 (2009); xi-xii 2305-0853 1018-6441
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/221/117
 
Coverage — — —
Rights Copyright (c) 2009 Editorial Office https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT