Record Details

Reviews

In die Skriflig

 
 
Field Value
 
Title Reviews
 
Creator Office, Editorial
 
Subject — —
Description Hierdie boek is die eerste keer in 1972 in Amerika uitgegee en weer in 1994. Dit is duidelik dat al die sake wat toe in die brandpunt was en waaroor debat gevoer en navorsing gedoen is, nie meer vandag soveel aandag geniet nie. Ander aspekte (soos later bespreek sal word) bly steeds aktueel. Die skrywer, John Howard Yoder, was professor in Teologie aan die Universiteit van Notre Dame in Indiana. Hy was besonder goed op hoogte van die etiese sake wat brandend was in Amerika (en waarskynlik in die wêreld) in die tyd toe hy geskryf het. In die boek handel dit oor die benadering wat Jesus Christus sou gehad het oor die samelewing met betrekking tot geweld, die politiek en die sosiale- en magstrukture waarbinne mense beweeg. Die boek lees moeilik en vereis ’n mens se volle konsentrasie – dit kan nie vir ontspanningslektuur gelees word nie. Die skrywer maak gebruik van ander (toentertydse) relevante navorsing en bring die resultaat van sy eie eksegetiese en herme- neutiese arbeid na vore. Omdat Yoder verskillende aspekte van die rol van Jesus (’n mens sou wou dat hy eerder die volle titel Jesus Christus gebruik!) bespreek, is daar nie eintlik slegs een tema of “goue draad” wat deur die boek loop nie. Die boek dui wel op ’n vars, direkte manier aan hoe dit wat Jesus Christus tweeduisend jaar gelede geleer en geleef het, vandag nog in die samelewing toegepas kan en behoort te word. Baie dinge wat tradisioneel oor Hom geskryf is, is nie relevant nie. (Dit is waarskynlik waarom die uitgewers besluit het om die boek te laat vertaal en [weer] uit te gee!)
 
Publisher AOSIS
 
Contributor
Date 2009-07-26
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — —
Format application/pdf
Identifier 10.4102/ids.v43i4.253
 
Source In die Skriflig/In Luce Verbi; Vol 43, No 4 (2009); 895-902 2305-0853 1018-6441
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/253/149
 
Coverage — — —
Rights Copyright (c) 1970 Editorial Office https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT