Record Details

Die eerste vertalings van die Heidelbergse Kategismus in Afrikaans

In die Skriflig

 
 
Field Value
 
Title Die eerste vertalings van die Heidelbergse Kategismus in Afrikaans
 
Creator Britz, Dolf
 
Subject — —
Description Hierdie artikel diep die geskiedenis van die eerste vertalings van die Heidelbergse Kategismus in Afrikaans uit die primêre bronne op. Die Belydenisskrifte (insluitende die Kategismus) is gedurende die eerste helfte van die twintigste eeu in Afrikaans oorgesit tydens ’n vertalingsprojek waaraan die drie Hollands-Afrikaanse Kerke van gereformeerde belydenis saamgewerk het. In hierdie geskiedenis kan drie fases onderskei word. Die aanvanklike fase (1913–1927) eindig in die gemeenskaplike oortuiging dat die werk aan die Bybelvertalers oorgelaat moet word. Daarmee is beslag gegee aan ’n tweede fase (1927–1936). In 1936 is die vertaling voltooi en in ’n Formulierboek vir die ‘drie Hollandse Kerke’ gepubliseer. Die derde fase (1936–1950) behels die ontvangs van die Formulierboek. Slegs die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (GKSA) het die vertaling amptelik aanvaar, omdat dit op die Nederlandse teksuitgawe berus het wat F.L. Rutgers in samewerking met Herman Bavinck en Abraham Kuyper in 1897 vir die Gereformeerde Kerken in Nederland besorg het. Die ander twee Kerke het aansluiting gevind by hulle eie negentiende-eeuse tekstradisie. In 1945 het die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHK) ’n eie vertaling asBelydenisskrifte, gebede en formuliere die lig laat sien. Hierdie vertaling is gebaseer op die (Nederlandse) krities bewerkte teksuitgawe wat Van Toornenbergen in sy boek, De symbolische schriften (1895), opgeneem het. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) het in 1950 sy vertaling van die Belydenisskrifte en Formuliere voltooi. Dit is hoofsaaklik geanker in die (Nederlandse) tekste van die Formulierboek der N.G. Kerk in Z. Afrika (1907), wat op sy beurt ook in ooreenstemming was met die tekstradisie waarmee Van Toornenbergen gewerk het. This article traces the history of the first Afrikaans translations of the Heidelberg Catechism from primary sources. In a mutual project the three Dutch-Afrikaans and reformed churches translated their Doctrinal Standards (including the Catechism) during the first half of the twentieth century in Afrikaans. In this regard three phases can be distinguished. The initial phase (1913–1927) ended in the decision to assign the work of translation to the Bible translators. That inaugurated the second phase (1927–1936). In 1936, their translation was completed and a Formulierboek was published for the ‘three Dutch Churches’. The reception of theFormulierboek constituted the third distinctive phase (1936–1950). Only the Reformed Church in South Africa (GKSA) officially accepted the translation, because it was based on the recognised Dutch text edition prepared by F.L. Rutgers in collaboration with Herman Bavinck and Abraham Kuyper for the Reformed Churches in the Netherlands in 1897. The other two Afrikaans Churches followed different text editions. In 1945, the Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHK) published its own translation of the Belydenisskrifte, gebede en formuliere. This translation is based on the (Dutch) critically edited text edition of Van Toornenbergen, published in his book, De symbolische schriften (1895). In 1950 the Dutch Reformed Church (NGK) received its translation of the Doctrinal Standards and Formularies. This translation was rooted in the (Dutch) texts of the Formulierboek der N.G. Kerk in Z. Afrika (1907), which was in turn also embedded in the Van Toornenbergen text tradition.
 
Publisher AOSIS
 
Contributor
Date 2013-09-06
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — —
Format text/html application/octet-stream text/xml application/pdf
Identifier 10.4102/ids.v47i2.668
 
Source In die Skriflig/In Luce Verbi; Vol 47, No 2 (2013); 12 pages 2305-0853 1018-6441
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/668/2156 https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/668/2158 https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/668/2159 https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/668/2155
 
Coverage — — —
Rights Copyright (c) 2013 Dolf Britz https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT