Record Details

Die resepsie van die Heidelbergse Kategismus (Sondag 17 en 22) insake die opstanding in die negentiende-eeuse Nederduitse Gereformeerde Kerk (Deel 1)

In die Skriflig

 
 
Field Value
 
Title Die resepsie van die Heidelbergse Kategismus (Sondag 17 en 22) insake die opstanding in die negentiende-eeuse Nederduitse Gereformeerde Kerk (Deel 1)
 
Creator Hofmeyr, Johannes W.
 
Subject — —
Description Met die 450e herdenking van die Heidelbergse Kategismus (HK) as vertrekpunt word in twee artikels gepoog om lig te werp op die plek, die rol en die interpretasie van die opstanding van Jesus Christus uit veral Sondag 17 en 22, spesifiek in die konteks van twee besondere eras in die Nederduitse Gereformeerde (NG) Kerk. Na ’n kort bespreking van die Heidelbergse Kategismus , word in hierdie eerste artikel uitgebreid gekyk na die resepsie van die betrokke HK-geloofsartikels in die era van Andrew Murray, spesifiek teen die agtergrond van die negentiende-eeuse liberale teologie in Nederland. In ’n tweede artikel word soortgelyk gekyk na die resepsie van die betrokke HK-geloofsartikels in die NG Kerk na 2000, veral teen die agtergrond van die herverskyning van die liberale teologie in die vorm van die Jesus Seminaar, die Nuwe Hervorming en die aanhangers daarvan se standpunte binne die NG Kerk. Sowel die negentiende-eeuse liberale stryd in die NG Kerk as die stryd rondom die opstanding in die NG Kerk van die eerste dekade van die een-en-twintigste eeu, soos in die tweede artikel duidelik sal blyk, was gekenmerk deur kontekstueelbepaalde uniekhede. Die gemene deler is dat albei deel was van tye van teologiese vrysinnigheid. In die lig van hierdie bespreking, ook ten opsigte van die negentiende eeu, sal tot die gevolgtrekking gekom word dat die NG Kerk, wat sy identiteit as gereformeerde kerk betref, tans waarskynlik in ’n kritieke geloofs- en toekomskrisis verkeer wat kommerwekkende gevolge vir sy Skrifverstaan en getuienis as belydenis en belydende kerk van Jesus Christus en sy toekoms inhou. Alleen ’n duidelike visie, verantwoordelike leierskap en die herontdekking van die kruis en die opstanding as ononderhandelbare heilsgebeure, wat ook deur die HK gehandhaaf word, sal die NG Kerk kan red van ’n snelwentelende afwaartse spiraal. Slegs die pasgenoemde faktore kan ’n herstellende, positiewe en dinamiese oplossing vir hierdie proses bied wat sigself tans in die NG Kerk afspeel.With the 450th celebrations of the origin of the Heidelberg Catechism (HC) in mind, the main aim of two articles is to focus on the place, role and interpretation of the doctrine of the resurrection in this Catechism, within two very specific and critical eras in the history of the Dutch Reformed Church; (DRC) in South Africa. After a brief introduction to the Heidelberg Catechism, the aim in this first article is to focus extensively on the reception of the HC in the time of Andrew Murray during the nineteenth century, and specifically against the background of the then liberal theology in both the Netherlands and South Africa. In the second article I look at the reception of the same HC articles of faith in the DRC since 2000, against the background of the reappearance of the nineteenth century liberal theology in the form of the Jesus Seminar, the New Reformation and those sympathetic to the latter in the DR Church. It will become clear that both these nineteenth and twenty-first century developments had their own unique contexts. What they had in common was a specific theological liberal-mindedness. In view of this discussion about the nineteenth century developments, it will be concluded that the DR Church as a reformed church is currently not only caught up in an identity crisis but even in a survival crisis of no small proportions. This also has serious implications for its use of Scriptures and its confessional character. Only a strong vision, able leadership from all parties within the church and a rediscovery of the redeeming power of the cross and of the resurrection as basic doctrinal tenets, also upheld by the HC, can save the DR Church from an ever moving downward spiral. Only these factors can provide a remedial, positive and dynamic solution to this process in the DR Church.
 
Publisher AOSIS
 
Contributor
Date 2013-08-16
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — —
Format text/html application/octet-stream text/xml application/pdf
Identifier 10.4102/ids.v47i2.687
 
Source In die Skriflig/In Luce Verbi; Vol 47, No 2 (2013); 8 pages 2305-0853 1018-6441
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/687/2073 https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/687/2074 https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/687/2075 https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/687/2072
 
Coverage — — —
Rights Copyright (c) 2013 Johannes W. Hofmeyr https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT