Hoë voorkomskoers van bakteriële vaginose en Chlamydia in ’n lae-inkomste, hoë-bevolkingsdigtheid gemeenskap in Kaapstad

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie/South African Journal of Science and Technology

 
 
Field Value
 
Title Hoë voorkomskoers van bakteriële vaginose en Chlamydia in ’n lae-inkomste, hoë-bevolkingsdigtheid gemeenskap in Kaapstad Hoë voorkomskoers van bakteriële vaginose en Chlamydia in ’n lae-inkomste, hoë-bevolkingsdigtheid gemeenskap in Kaapstad
 
Creator Lennard, Katie S. Dabee, Smritee Barnabas, Shaun L. Havyarimana, Enock Jaumdally, Shameem Z. Botha, Gerrit Mkhize, Nonhlanhla N. Bekker, Linda-Gail Gray, Glenda Mulder, Nicola Passmore, Jo-Ann Jaspan, Heather B.
 
Subject — — — —
Description Jong Suid-Afrikaanse vroue uit hulpbron-arm gemeenskappe staar verskeie uitdagings in die gesig in terme van hul seksuele en reproduktiewe gesondheid. Hier beskryf ons die voorkoms van vaginale mikrobiota en seksueel oordraagbare infeksies (SOI’s) onder 102 16–22-jarige MIV-negatiewe Suid-Afrikaanse vroue uit ’n lae-inkomste, hoë-bevolkingsdigtheid gemeenskap in Kaapstad (K). Vaginale mikrobiota is met behulp van 16S rRNA amplikon volgorde-bepaling geprofileer; bakteriese vaginose (BV) status is met behulp van ’n Nugent-telling vasgestel; en SOI’s is deur middel van ’n multipleks polimerase kettingreaksie bepaal. SOI’s was algemeen, met 55% van die vroue wat ten minste een SOI gehad het; 41% wat met hoë-risiko menslike papillomavirus (MPV) besmet was, en ’n verdere 28% wat met laerisiko-MPV besmet was; 44% van die vroue was met Chlamydia besmet, waarvan 16% een of meer addisionele SOI gehad het. BV persentasies was ook baie hoog, met 55% van die vroue wat as BV-positief (Nugent-telling ≥7) geklassifiseer is, 7% as BV-intermediêr (Nugent-telling 3–6), en 38% as BV-negatief (Nugent-telling 0–2). Streptococcus (Streptococcus agalactiae), die grootste oorsaak van neonatale sepsis, was teenwoordig in 25% van die BV-positiewe vroue en 28% van die BV-negatiewe vroue, en was dus meer onder BV-negatiewe vroue. Beide Chlamydia-infeksie en BV kan reproduktiewe gesondheid nadelig beïnvloed en verhoog hierdie vroue se risiko vir die verkryging van MIV. Die voorkoms van veral Prevotella amnii kan die MIV-risiko verhoog as gevolg van sy inflammatoriese kapasiteit. Laboratorium-gebaseerde toetsing vir SOI’s (veral Chlamydia en Gonorrhoeae) blyk in hierdie gemeenskap geregverdig te wees, tesame met verdere monitering en/of behandeling van BV. OpsommingJong Suid-Afrikaanse vroue uit hulpbron-arm gemeenskappe staar verskeie uitdagings in die gesig in terme van hulle seksuele en reproduktiewe gesondheid. Hier beskryf ons die voorkoms van vaginale mikrobiota en seksueel oordraagbare infeksies (SOI’s) onder 102; 16–22-jarige MIV-negatiewe Suid-Afrikaanse vroue uit ’n lae-inkomste, hoë-bevolkingsdigtheid gemeenskap in Kaapstad. Vaginale mikrobiota is met behulp van 16S rRNA amplikon volgorde-bepaling geprofileer; bakteriese vaginose (BV) status is met behulp van ’n Nugent-telling vasgestel; en SOI’s is deur middel van ’n multipleks polimerase kettingreaksie bepaal. SOI’s was algemeen, met 55% van die vroue wat ten minste een SOI gehad het; 41% wat met hoë-risiko menslike papillomavirus (MPV) besmet was, en ’n verdere 28% wat met laerisiko-MPV besmet was; 44% van die vroue was met Chlamydia besmet waarvan 16% een of meer addisionele SOI gehad het. BV persentasies was ook baie hoog met 55% van die vroue wat as BV-positief (Nugent-telling ≥7) geklassifiseer is, 7% as BV-intermediêr (Nugent-telling 3–6), en 38% as BV-negatief (Nugent-telling 0–2). Streptococcus (Streptococcus agalactiae), die grootste oorsaak van neonatale sepsis, was teenwoordig in 25% van die BV-positiewe vroue en 28% van die BV-negatiewe vroue, en was dus meer onder BV-negatiewe vroue. Chlamydia-infeksie sowel as BV kan reproduktiewe gesondheid nadelig beïnvloed en verhoog hierdie vroue se risiko vir die verkryging van MIV. Die voorkoms van veral Prevotella amnii kan die MIV-risiko verhoog as gevolg van sy inflammatoriese kapasiteit. Laboratorium-gebaseerde toetsing vir SOI’s (veral Chlamydia en Gonorrhoeae) blyk in hierdie gemeenskap geregverdig te wees, tesame met verdere monitering en/of behandeling van BV.Navorsing korrelasie: Hierdie artikel is die vertaalde weergawe en is beskikbaar gestel om ‘n breër lesersgroep te bereik. Die oorspronklike Engelse artikel is beskikbaar hier: https://doi.org/10.4102/satnt.v36i1.1484
 
Publisher AOSIS
 
Contributor — —
Date 2017-12-12
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — — — —
Format text/html application/epub+zip application/xml application/pdf
Identifier 10.4102/satnt.v36i1.1495
 
Source Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 36, No 1 (2017); 10 bladsye Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 36, No 1 (2017); 10 bladsye 2222-4173 0254-3486
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/1495/3446 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/1495/3445 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/1495/3447 https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/1495/3444
 
Coverage — — — — — —
Rights Copyright (c) 2017 Katie S. Lennard, Smritee Dabee, Shaun L. Barnabas, Enock Havyarimana, Shameem Z. Jaumdally, Gerrit Botha, Nonhlanhla N. Mkhize, Linda-Gail Bekker, Glenda Gray, Nicola Mulder, Jo-Ann Passmore, Heather B. Jaspan https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT