Die toets van ekstrakte uit Sutherlandia frutescens (Fabaceae) op Mycobaterium smegmatis in die behandeling van tering
Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie/South African Journal of Science and Technology
Field | Value | |
Title | Die toets van ekstrakte uit Sutherlandia frutescens (Fabaceae) op Mycobaterium smegmatis in die behandeling van tering Die toets van ekstrakte uit Sutherlandia frutescens (Fabaceae) op Mycobacterium smegmatis in die behandeling van tuberkulose | |
Creator | Mabusa, Itumeleng H. Howard, Rachmond Masoko, Peter | |
Description | Sutherlandia frutescens (L) R. Br. bevat verskeie essensiële bioaktiewe verbindings met farmakologiese aktiwiteite waarvoor daar kliniese bewyse bestaan. Sutherlandia word vir mense met tuberkulose voorgeskryf, maar niemand weet nog watter verbinding(s) in hierdie plant Mycobacterium tuberculosis en die werking daarvan teenwerk nie. Hierdie studie het ten doel om te bepaal of S. frutescens antimikobateriële verbindings bevat. Bogrondse dele van S. frutescens is gedroog, gemaal en met etanol:metanol [1:1] (vol./vol.) en water onttrek. Die chemiese profiel is bepaal deur hoëverrigting vloeistofchromatografie-massaspektrometrie en dunlaagchromatografie te gebruik. Die plate vir dunlaagchromatografie is in butanol/asynsuur/water (BAW) [21:6:3], chloroform/metanol/water/mieresuur (CMWM1) [60:15:2:1] en CMWM2 [21:9:1:0.3] ontwikkel. ‘n Kwalitatiewe anti-oksidant-aktiwiteit is gedoen deur 2.2 difeniel-2-pikrielhidrasiel (DFPH) te gebruik. Die antimikobakteriële aktiwiteit van die plantekstrakte is geëvalueer deur mikro-verdunning en bio-outografiese metodes teen Mycobacterium smeagmatis te gebruik. Ons het lae antimikobateriële aktiwiteit teen M. smegmatis in die bio-outogramme waargeneem. Die profiele van die hoëverrigting vloeistofchromatograpfie-massaspektrometrie het meer verbindings in die etanol-ekstrakte as in die waterekstrakte bevat. Die gemiddelde waardes vir minimum inhibeerderkonsentrasie vir al die ekstrakte was 0,61mg/ml en die ekstrak vir DCM:MeOH (1:1) het die laagste minimum inhibeerderkonsentrasie-waarde, naamlik 0,28mg/ml, gehad. Die resultate het getoon dat die plant verder vir moontlike antimikobakteriële agente ondersoek kan word. Lae aktiwiteit is waargeneem, waarskynlik as gevolg van stadig vermeerderende bacilli en nie-vermeerderende organismes. Die studie bied voorlopige wetenskaplike ondersteuning vir die tradisionele medisinale gebruik van hierdie plant. Sutherlandia frutescens (L) R. Br. bevat verskeie essensiële bioaktiewe verbindings met farmakologiese aktiwiteit waarvoor daar kliniese bewyse bestaan. Sutherlandia word vir mense met tuberkulose voorgeskryf, maar niemand weet nog watter verbindings in hierdie plant Mycobacterium tuberculosis en die werking daarvan teenwerk nie. Hierdie studie het ten doel om te bepaal of S. frutescens antimikobakteriese verbindings bevat. Bogrondse dele van S. frutescens is gedroog, gemaal en met etanol:metanol [1:1] (vol./vol.) en water onttrek. Die chemiese profiel is bepaal deur hoëverrigting vloeistofchromatografie-massaspektrometrie en dunlaag-chromatografie te gebruik. Die dunlaagchromatografie is in butanol:asynsuur:water (BAW) [21:6:3], chloroform:metanol:water:mieresuur (CMWM1) [60:15:2:1] en CMWM2 [21:9:1:0.3] ontwikkel. Die kwalitatiewe anti-oksidant-aktiwiteit is bepaal deur 2.2 difeniel-2-pikrielhidrasiel (DFPH) te gebruik. Die antimikobakteriese aktiwiteit van die plantekstrakte is bepaal deur mikro-verdunning en bio-outografiese metodes teen Mycobacterium smeagmatis te gebruik. Ons het lae antimikobakteriese aktiwiteit teen M. smegmatis in die bio-outogramme waargeneem. Die profiele van die hoëverrigting vloeistofchromatograpfie-massaspektrometrie het meer verbindings in die etanolekstrakte as in die waterekstrakte aangedui. Die gemiddelde waardes vir minimum inhibeerderkonsentrasie vir al die ekstrakte was 0.61 mg/mL. Die DCM:MeOH (1:1) ekstrak het die laagste minimum inhibeerderkonsentrasie-waarde, naamlik 0.28 mg/mL gehad. Die resultate het getoon dat die plant verder vir moontlike antimikobakteriese agente ondersoek kan word. Lae aktiwiteit is waargeneem, waarskynlik as gevolg van stadig vermeerderende bacilli en nie-vermeerderende organismes. Die studie bied voorlopige wetenskaplike ondersteuning vir die tradisionele medisinale gebruik van hierdie plant. Navorsing korrelasie: Hierdie artikel is die vertaalde weergawe en is beskikbaar gestel om ‘n breër lesersgroep te bereik. Die oorspronklike Engelse artikel is beskikbaar hier: https://doi.org/10.4102/satnt.v36i1.1486 | |
Publisher | AOSIS | |
Date | 2017-12-14 | |
Identifier | 10.4102/satnt.v36i1.1494 | |
Source | Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 36, No 1 (2017); 8 bladsye Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie; Vol 36, No 1 (2017); 8 bladsye 2222-4173 0254-3486 | |
Language | eng | |
Relation |
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:
https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/1494/3462
https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/1494/3461
https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/1494/3463
https://journals.satnt.aosis.co.za/index.php/satnt/article/view/1494/3460
|
|
ADVERTISEMENT