Suid-Afrikaanse kapelaansvroue en die Grensoorlog (1966–1989): ’n Gevallestudie van denominale pastorale versorging

Journal for Transdisciplinary Research in Southern Africa

 
 
Field Value
 
Title Suid-Afrikaanse kapelaansvroue en die Grensoorlog (1966–1989): ’n Gevallestudie van denominale pastorale versorging
 
Creator Bredenkamp, Izette Wessels, Andre
 
Subject geskiedenis; teologie; gender-studies kapelaansvroue; grensoorlog; pastorale versorging; Melita; koffiekamers
Description South African chaplains’ spouses and the Border War (1966–1989): A case study of denominational pastoral care. Pastoral care of soldiers during times of war and armed conflict has been part and parcel of the Christian religion since the Council of Ratisbon officially authorised chaplains for armies in 742. However, studies in South Africa revealed that government institutions and especially the Dutch-Afrikaans denominations did not wholeheartedly adhere to this tradition during the two world wars of the twentieth century. The task of pastoral care to those affected by the war circumstances was left to civilian organisations and women. Socio-political changes invalidated this accussation during the Border War (1966–1989). This article gives a historical perspective on the pastoral care endeavours of the spouses of military chaplains as a case study of denominational support to those affected by armed conflict. Women’s experiences during war circumstances have long been neglected in academic circles. During times of war, they are often the victims of human rights’ abuses, but they also become beacons of hope and consolation, as is illustrated in this article. This exposition contributes to a historical understanding of the way women experience war and the support they provide during times of armed conflict. It also illustrates the value of women during times of war trauma, and provides a different perspective on the military context, which is usually mostly defined in masculine terms.In die Christelike tradisie is die pastorale versorging van soldate tydens oorlogsomstandighede en gewapende konflik ’n gegewe sedert die Konsilie van Ratisbon in 742, toe gelas is dat kapelane die leërs moet vergesel. Studie in Suid-Afrika het egter ’n versuim van owerheidsweë, en veral van die kant van die Hollands-Afrikaanse kerke in Suid-Afrika aangetoon om oorloggeaffekteerdes en oorlogbetrokkenes tydens die twee wêreldoorloë van die twintigste eeu pastoraal te versorg. Hierdie taak is in Suid- Afrika aan burgerlike organisasies en vroue oorgelaat. Tydens die Grensoorlog (1966–1989) het die prentjie egter verander. Hierdie artikel wil ’n historiese perspektief verskaf op die uitreike van die eggenotes van militêre kapelane, as ’n gevallestudie van geloofsgemeenskappe se pastorale versorging van diegene wie se lewens deur gewapende konflik geraak word. Vroue se ervarings gedurende tye van oorlog en gewapende konflik is vir ’n geruime tyd in akademiese geskiedskrywing genegeer. Vroue is dikwels gedurende oorlogsomstandighede slagoffers van menseregtevergrype, maar hulle kan ook as bakens van hoop, vertroosting en heropbou na vore tree soos hierdie artikel probeer aantoon. Hierdeur word ’n bydrae tot ’n historiese begrip van die belewenis van vroue tydens oorlogsomstandighede gemaak, asook die wyse waarop vroue ondersteuningsnetwerke kan skep in gemeenskappe wat deur gewapende konflik geraak word. Dit illustreer verder die waarde van vroue ten tye van oorlogstrauma, en dit gee ’n ander perspektief op die militêre konteks wat gewoonlik in manlike terme gedefinieer word.
 
Publisher AOSIS
 
Contributor
Date 2016-12-03
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — —
Format text/html application/epub+zip application/xml application/pdf
Identifier 10.4102/td.v12i1.346
 
Source The Journal for Transdisciplinary Research in Southern Africa; Vol 12, No 1 (2016); 11 pages 2415-2005 1817-4434
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://td-sa.net/index.php/td/article/view/346/363 https://td-sa.net/index.php/td/article/view/346/362 https://td-sa.net/index.php/td/article/view/346/364 https://td-sa.net/index.php/td/article/view/346/355
 
Coverage — — —
Rights Copyright (c) 2016 Izette Bredenkamp, Andre Wessels https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT