Die impak van afwesige vaders op adolessente dogters se psigososiale welstand

Health SA Gesondheid

 
 
Field Value
 
Title Die impak van afwesige vaders op adolessente dogters se psigososiale welstand
 
Creator Freeks, Fazel E. Strydom, Corinne Bartlett, Elretha
 
Subject — Impak; Afwesige vaders; Adolessente dogters; Psigososiale welstand
Description Daar is bevind dat baie kinders in Suid-Afrika sonder die betrokkenheid van 'n biologiese vader, grootword. Die afwesigheid van 'n ouer binne die gesinsisteem bring 'n vakuum in die ouerskapsrol mee en oefen 'n negatiewe invloed uit op 'n gesin se vermoë om doeltreffend te funksioneer. Met hierdie studie is die impak van afwesige vaders op die welstand van adolessente dogters ondersoek. Die studie is in twee fases verdeel. Tydens die eerste fase is semi-gestruktureerde onderhoude gevoer met ses dogters by wie die vader afwesig was. Die deelnemers se persoonlike menings van die impak wat hulle vaders se afwesigheid op hulle lewens gehad het, is in temas uiteengesit. Die kwalitatiewe data wat uit die onderhoude verkry is, is benut deurdat veranderlikes gëıdentifiseer is wat in die tweede fase getoets kon word. Vir die tweede fase het 30 adolessente vraelyste ingevul. Hierdie bevindings is statisties weergegee. Die twee stelle bevindings is met mekaar vergelyk. Dit wil voorkom of die adolessente dogters 'n groot aantal onvervulde behoeftes het wat aan die afwesigheid van hulle vaders toegeskryf kan word. Hulle het behoefte daaraan om tyd saam met hulle vaders deur te bring en om ’n hegte band met hom op te bou. Die deelnemers het genoem dat hulle moeders beide die rol van moeder en vader vervul en deels vergoed vir die afwesigheid van hulle vaders. Die data wat deur hierdie studie ingesamel is, sal vaders help om ’n beter idee te kry van hulle waarde binne die gesinstruktuur.
 
Publisher AOSIS Publishing
 
Contributor
Date 2015-10-10
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — —
Format application/pdf
Identifier 10.4102/hsag.v20i1.919
 
Source Health SA Gesondheid; Vol 20, No 1 (2015); 45–58 2071-9736 1025-9848
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://hsag.co.za/index.php/hsag/article/view/919/1114
 
Coverage — — —
Rights Copyright (c) 2015 Fazel E. Freeks, Corinne Strydom, Elretha Bartlett https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT