'n Neuro-evolusionêre en neurofisiologiese benadering tot die ondersoek en behandeling van verworwe disartrie
South African Journal of Communication Disorders
Field | Value | |
Title | 'n Neuro-evolusionêre en neurofisiologiese benadering tot die ondersoek en behandeling van verworwe disartrie | |
Creator | van der Merwe, Anita | |
Description | Die konvensionele benadering tot verworwe disartrie soos dit gevind word in die literatuur word kortliks bespreek. Die noodsaaklikheid vir 'n gewysigde benadering wat praktiese leidrade aan die spraakterapeut sal verskaf, word beklemtoon. Die opkoms van die neuroevolusioner-gefundeerde benadering tot serebrale verlamming, met ander woorde, tot kongenitale disartrie, word genoem. Sover bekend, is daar geen georganiseerde gegewens in die literatuur wat die neuro-evolusie van spraakmotoriek blootle vanaf die mees outomatiese, mees georganiseerde en mees eenvoudige vlak tot die meer willekeurige, meer komplekse, en minder georganiseerde vlak van funksionering nie. Bekende gegewens in verband met spraak is hipoteties georden en 'n hierargiese spraakskema is opgestel wat die neuro-evolusie van spraak blootle. Op grond van die skema en met inagneming van neuro-fisiologiese disfunksies, is 'n ondersoek program opgestel wat die spraakprobleem van die verworwe disartriegeval in sy geheel ondersoek. Behandeling geskied aan die hand van die riglyne wat die skema aandui. Deur die gebruik van toepaslike spraakterapeutiese metodes word beoog om 'n herevolusie te bewerkstellig waar moontlik. | |
Publisher | AOSIS | |
Date | 1976-12-31 | |
Identifier | 10.4102/sajcd.v23i1.386 | |
Source | South African Journal of Communication Disorders; Journal of the South African Speech and Hearing Association: Vol 23, No 1 (1976); 45–58 2225-4765 0379-8046 | |
Language | eng | |
Relation |
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:
https://sajcd.org.za/index.php/sajcd/article/view/386/497
|
|
ADVERTISEMENT