Ouerleiding by ouers van swarts babas met 'n gesplete lip en verhemelte
South African Journal of Communication Disorders
Field | Value | |
Title | Ouerleiding by ouers van swarts babas met 'n gesplete lip en verhemelte | |
Creator | Campbell, Corrieta Louw, Brenda | |
Description | Daar is aanduidings dat die ouers van gesplete-lip-en-verhemeltebabas dikwels behoeftes toon aan meer inligting omtrent hul baba geboortedefek as wat aan hulle verskaf word. In Suid-Afrika bestaan daar egter nog 'n leemte in die literatuur omtrent die ouers van 'n swart baba met 'n gesplete lip en verhemelte. In hierdie studie is daar eerstens 'n bepaling gedoen van die ouers van swart gesplete-lip-en-verhemeltebabas se unieke behoeftes en tweedens is daar, op grond van die verkreë resultate, 'n inligtingstuk vir hierdie teikengroep saamgestel. Op grond van die resultate verkry met behulp van die vyftien proefpersone wat aan hierdie studie deelgeneem het, is daar eerstens bevind dat die ouers van swart gesplete-lip-en-verhemeltebabas in Suid-Afrika eenderssoortige behoeftes as ouers van babas met dieselfde aangebore gebrek wêreldwyd vertoon. Tweedens is daar bevind dat die inligtingstuk wat as deel vat as deel van die studie saam gestel is, 'n positiewe bydrae gelewer het tot die ouerleiding wat met die proefpersone in die studie uitgevoer is. Die resultate hou dus ook belangrike terapeutiese implikasies in. | |
Publisher | AOSIS | |
Date | 1992-12-31 | |
Identifier | 10.4102/sajcd.v39i1.275 | |
Source | South African Journal of Communication Disorders; Vol 39, No 1 (1992); 43–49 2225-4765 0379-8046 | |
Language | eng | |
Relation |
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:
https://sajcd.org.za/index.php/sajcd/article/view/275/377
|
|
ADVERTISEMENT