Spraakdiskriminasie by bejaarde gehoorapparaatgebruikers

South African Journal of Communication Disorders

 
 
Field Value
 
Title Spraakdiskriminasie by bejaarde gehoorapparaatgebruikers
 
Creator van Wyk, Liza Uys, Isabel Soer, Maggi
 
Subject — spraakdiskriminasie; bejaarde gehoorapparaatgebruikers; sentrale ouditiewe prosessering
Description In hierdie studie is die invloed van veroudering op die spraakdiskriminasievermoe van bejaarde gehoorapparaatgebruikers ondersoek. 'n Opname-metode is gebruik en dertig proefpersone, met dieselfde graad van perifere gehoorafname, is in twee groepe van vyftien persone elk verdeel. Groep 1 het bestaan uit bejaarde gehoorapparaatgebruikers wat geen of geringe spraakdiskriminasieprobleme ervaar, terwyl Groep 2 ernstige spraakdiskriminasieprobleme ervaar. 'n Verskeidenheid toetse, naamlik die Sintetiese Sinsidentifikasietoets, die Verspringende Spondeewoordtoets en die aanbieding van monosillabiese woorde tesame met 'n ipsi-kompeterende spraakboodskap, is gebruik om hul spraakdiskriminasievermoe in verskillende luistersituasies te bepaal. 'n Selfevaluasieskaal is ook deur die bejaardes voltooi.Die resultate van hierdie studie toon dat die verouderingsproses en die effek hiervan op veral sentrale ouditiewe prosessering, bydra tot die kompleksiteit en uiteenlopendheid van bejaarde gehoorapparaatgebruikers se spraakdiskriminasieprobleme. Die resultate beklemtoon verder die noodsaaklikheid van volledige intervensieprogramme vir bejaarde gehoorapparaatgebruikers.
 
Publisher AOSIS
 
Contributor
Date 1997-12-31
 
Type info:eu-repo/semantics/article info:eu-repo/semantics/publishedVersion — —
Format application/pdf
Identifier 10.4102/sajcd.v44i1.231
 
Source South African Journal of Communication Disorders; Vol 44, No 1 (1997); 99–108 2225-4765 0379-8046
 
Language eng
 
Relation
The following web links (URLs) may trigger a file download or direct you to an alternative webpage to gain access to a publication file format of the published article:

https://sajcd.org.za/index.php/sajcd/article/view/231/330
 
Coverage — — —
Rights Copyright (c) 2019 Liza van Wyk, Isabel Uys https://creativecommons.org/licenses/by/4.0
ADVERTISEMENT